Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Haaie kan op kaptein André se durf peil trek

André Esterhuizen ken van vasbyt.

In sy matriekjaar aan die Hoërskool Klerksdorp kon hy weens ’n skorsing oor ’n beweerde rasse-onderonsie nie vir die Luiperds se Cravenweek-span in aanmerking kom nie. Hy wou rugby daarna vaarwel toeroep, maar het nietemin vasgebyt en ’n kontrak by die Haaie losgeslaan. . . net om daar deur Jake White aangesê te word sy toekoms lê op flank en nie senter nie.

André Esterhuizen in die Haaie se eerste Superrugby-wedstryd van die seisoen teen die Bulle in aksie. Foto: Gallo Images

Daar was boonop verskeie mense wat gevoel het sy dissipline gaan hom pootjie. Nou is hy nie net ’n Springbok-senter nie, maar ook die Haaie se kaptein.

Esterhuizen neem die leisels by sy sentermaat Lukhanyo Am oor, wat ’n blaaskans gegun word vir hul wedstryd teen die Melbourne Rebels.

Hy sal die middelveld Saterdag in Ballarat saam met Jeremy Ward beman.

Esterhuizen verhuis ná vanjaar se Superrugby-reeks na Londen, waar hy vir die Engelse klubspan Harlequins gaan speel. Maar voor dan wil hy eers help om van die Haaie ’n Superrugby-aanspraakmaker te maak.

As ons goed vertoon, sal ’n goeie uitslag volg. Ons moet eenvoudig as ’n eenheid speel en ywer en durf uitstal.
André Esterhuizen

“Elke wedstryd is een wat ons kan wen. As ons opdaag ... Dit gaan nie regtig oor die uitslag nie, maar oor hoe ons speel,” sê Esterhuizen.

“As ons goed vertoon, sal ’n goeie uitslag volg. Ons moet eenvoudig as ’n eenheid speel en ywer en durf uitstal.”

Die KwaZulu-Natallers, wat verlede week teen die Hurricanes onder meer erg deur beserings en siekte ontwrig is, het aan dié front darem beter nuus voor die kragmeting in die Mars-stadion.

Die Bok-stut Thomas du Toit het ’n virus afgeskud en sal die nr. 3-trui dra teen die Rebels, terwyl Makazole Mapimpi, wat die veld teen die Hurricanes moes verlaat ná ’n kopbesering, ook fiks verklaar is.

Daarbenewens sal Curwin Bosch weer op sy pos wees op losskakel nadat hy verlede week na Suid-Afrika moes terugkeer weens die afsterwe van ’n familielid.

Bosch se plaasvervanger in Wellington, Boeta Chamberlain, het egter nie van die harsingskudding herstel wat hy teen die Hurricanes opgedoen het nie en het teruggekeer na Durban.

Sanele Nohamba kry ook kans in die beginspan. Hy vervang vir Louis Schreuder op skrumskakel.

Haaie: Aphelele Fassi, Madosh Tambwe, Jeremy Ward, André Esterhuizen (k), Makazole Mapimpi, Curwin Bosch, Sanele Mohamba, Sikumbuzo Notshe, Tyler Paul, James Venter, Hyron Andrews, Ruben van Heerden, Thomas du Toit, Kerron van Vuuren, Ox Nche. PLAASVERVANGERS: Craig Burden, Mzamo Majola, John-Hubert Meyer, Le Roux Roets, Henco Venter, Louis Schreuder, Marius Louw, Lwazi Mvovo.


Meer oor:  Rebels  |  Haaie  |  Superrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.