Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Haaie laat Leeus betaal vir foute

Die Haaie is terug op die wenpad by die huis nadat hulle die Leeus Saterdagaand in hul Superrugbywedstryd in Durban met 27-17 geklop het.

Met hierdie nederlaag is die Leeus hierdie seisoen steeds segeloos in Suid-Afrikaanse debywedstryde.

Sien julle later! Die Haaie se Curwin Bosch op pad na die doellyn vir sy onderskepdrie. Foto: Getty Images

Twee onderskep-drieë teen die verloop van die spel in het die Leeus duur te staan gekom.

Die Haaie se agttal het reeds vroeg die oorhand gekry, maar dit was ’n onderskep ná ’n binneaangee van Elton Jantjies wat aan die tuisspan sy eerste drie besorg het.

Curwin Bosch het onderskep en 60 m genael om tegaan druk. Hul tweede drie het gekom ná ’n dryfbeweging van ’n lynstaan 5 m van die doellyn af, met die agtsteman, Dan du Preez, wat met die bal oor die doellyn is.

Met ’n voorsprong van 14 punte het dit gelyk asof die Haaie beheer geneem het, maar die Leeus het hulle nie veel verder laat boelie nie, en het teruggeslaan toe Lionel Mapoe gedruk het om die agterstand te laat krimp. Toe die fluitjie vir rustyd blaas, het die Leeus al hoe meer in die wedstryd gekom.

Met die eerste beweging ná rustyd het die Haaie gedink hulle het hul voorsprong gerek met hul derde drie deur die vleuel, Sbu Nkosi, maar die verwysing het gewys dat ’n desperate duikslag van Kwagga Smith Nkosi laat uittrap het net voordat hy die bal gedruk het.

Die Leeus het sake gelyk gemaak met ’n langafstand-drie deur Cyle Brink waarin veral die vleuels, Courtnall Skosan en Aphiwe Dyantyi, baie prominent was.

Daar was met 20 minute oor ’n onderskep-drie teen die Leeus nadat hulle verwoed aangeval het. Hulle het op die Haaie se doellyn geboer voordat die vleuel van die tuisspan Makazola Mapimpi feitlik oor die lengte van die veld gehardloop het vir sy drie nadat dit eerder wou lyk asof die besoekers punte sou aanteken. Dit het die voorsprong weer tien punte in die Haaie se guns gemaak.

Dinge wou net nie vir die Leeus werk nie. Die senter Lionel Mapoe, wat ’n uitstekende wedstryd gehad het, wat het die bal verloor toe hy oor die doellyn wou gaan vir wat sy tweede drie sou wees.

Toe hulle wel gedink het die plaasvervangerslot, Reinhard Nothnagel, het gedruk, het die TV-skeidsregter anders beslis.

Die Haaie verdien lof vir goeie verdediging, met veral Mapimpi wat ’n vyfster-vertoning gelewer het.

* Puntemakers:

Haaie 27 (14): Drieë: Curwin Bosch, Dan du Preez, Makazola Mapimpi. Doelskoppe: Bosch (3). Strafdoele: Bosch (2).

Leeus 17 (7): Drieë: Lionel Mapoe, Cyle Brink. Doelskoppe: Elon Jantjies (2). Strafdoel: Jantjies.

Superrugby-bepalings

Superrugby-puntelyste

Superrugby-uitslae

Meer oor:  Haaie  |  Leeus  |  Superrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.