Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Haaie maak baie veranderinge

Die Haaie sal die Pumas Saterdag in Mbombela met ’n vars en nuwe beginspan vir hul Superrugby Unlocked-wedstryd pak.

Sean Everitt, die hoofafrigter, het verskeie veranderinge aangebring aan die span wat verlede week met 14-41 teen die Bulle op Loftus Versfeld verloor het.

John-Hubert Meyer moet Saterdag in Mbombela Thomas du Toit se groot skoene op vaskopstut vol staan. Foto: Gallo Images

Agterlangs word Werner Kok op linkervleuel deur Madosh Tambwe vervang nadat hy van ’n besering herstel het.

Voorlangs is talle skuiwe – Dylan Richardson skuif van haker na flank in James Venter se plek, met Dan Jooste wat die nr. 2-trui sal dra.

John-Hubert Meyer vervang Thomas du Toit op vaskopstut. Du Toit het ’n kuitbesering opgedoen en kan tot vier weke op die krukkelys wees.

JJ van der Mescht vervang Ruben van Heerden op slot, terwyl Henco Venter die nr. 7-trui sal dra.

Phepsi Buthelezi, wat verlede week die steelkantflank was, skuif na agtsteman in Sihkumbuzo Notshe se plek.

Nothse het ’n dyspierskeet, maar sal volgende week weer gereed wees.

Die losvoorspeler Thembelani Bholi en die stut Michael Kmbirai kan albei hul Haaie-buiging van die plaasvervangersbank af maak.

• Die Haaie het ook ’n voorry-slag geslaan deur die loskopstut Khwezi Mona vir twee jaar te kontrakteer.

Mona het voorheen vir Griekwas en die Pumas gespeel.

Die 28-jarige Mona, wat sy loopbaan by die Haaie Akademie begin het, vul die leemte wat die verlies van Khutha Mchunu laat. Mchunu het hom by die Cheetahs aangesluit.

Haaie: Manie Libbok, Sbu Nkosi, Lukhanyo Am (k), Marius Louw, Madosh Tambwe, Curwin Bosch, Sanele Nohamba, Phepsi Buthelezi, Henco Venter, Dylan Richardson, Hyron Andrews, JJ van der Mescht, John-Hubert Meyer, Dan Jooste, Ox Nche. PLAASVERVANGERS: Kerron van Vuuren, Mzamo Majola, Michael Kumbirai, Ruben van Heerden, Thembelani Bholi, Grant Williams, Jeremy Ward, Yaw Penxe.

Meer oor:  Mbombela  |  Haaie  |  Pumas  |  Superrugby Un­Locked  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.