Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Haaie moet Brisbane se gevaar systap
Haaie-blitse soos Madosh Tambwe, wat hier hakskene vir die Hurricanes wys, sal Saterdag die Reds se verdedigers ook wil besig hou.Foto: Getty Images

Brisbane is ’n plek wat al heelwat pyn vir Suid-Afrikaanse spanne in die Super-rugbyreeks veroorsaak het.

Selfs net die onlangse rekord van spanne uit Springbok-land is glad nie waffers daar nie, al het die Reds die afgelope paar jaar nie ’n span gehad wat die wêreld aan die brand gespeel het nie.

Die tuisspan verdedig Saterdag, wanneer die Haaie daar besoek aflê, ’n rekord van ses agtereenvolgende seges oor Suid-Afrikaanse spanne.

Vir die Haaie, Suid-Afrika se suksesvolste span nóg in Australasië, is Brisbane ook ’n hekkie wat hulle telkens té hoog gevind het.

Vir die Haaie, Suid-Afrika se suksesvolste span nóg in Australasië, is Brisbane ook ’n hekkie wat hulle telkens té hoog gevind het.

Loer jy na vorige seisoene se uitslae, sien jy die KwaZulu-Natallers het selfs in jare toe hulle besonder sterk spanne gehad het, bloutjies in Brisbane geloop.

In 1997 het die Haaie (toe nog Natal) die Chiefs met 33-15 in Hamilton geklop en met 26-26 elk in Christchurch met die Crusaders gelykop gespeel, net om met 40-3 in Brisbane deur die Queenslanders afgeransel te word.

In 1999 het die Haaie ook op toer teen die Blues in Auckland gewen, maar het die Reds hulle met 34-13 streepsuiker gegee.

Saterdag probeer hulle egter weer om die geskiedenis verkeerd te bewys.

Met die beweeglike agttal wat die Haaie gekies het, is dit duidelik dat hulle die bal lustig wil rondgooi en die tuisspan van hul voete wil hardloop.

Die Haaie se kaptein, Lukhanyo Am.

Met spoedvrate en opportuniste soos Aphlele Fassi, Madosh Tambwe, Lwazi Mvovo, Lukhanyo Am en Curwin Bosch in die agterlyn, asook Sikumbuzo Notshe, Henco Venter, Dylan Richardson en Hyron Andrews in die agttal, gaan die Haaie wil teer op teenaanvalle en toeslaan wanneer die Reds besit afstaan.

Die Haaie sal nie in ’n armdruk voorlangs betrokke wil raak nie en hoe losser die wedstryd gaan wees, hoe beter vir die besoekers uit Durban.

Met die herlewing wat James O’Connor toon op losskakel vir die Reds, sal hy hokgeslaan moet word. Slaag die Haaie daarin, kan die grondslag vir ’n rare sege in Brisbane gelê word.

Interessant genoeg loop die Reds voor met 13 oorwinnings teen 10 in ontmoetings tussen dié spanne, maar is die gemiddelde telling 24-24 in dié 23 kragmetings.

Die spanne is:

Reds: Jock Campbell, Chris Feauai-Sautia, Hunter Paisami, Hamish Stewart, Henry Speight, James O’Connor, Tate McDermott, Harry Wilson, Liam Wright (k), Angus Scott-Young, Harry Hockings, Izack Rodda, Taniela Tupou, Alex Mafi, JP Smith. PLAASVERVANGERS: Ed Craig, Harry Hoopert, Josh Nasser, Lukhan Salakaia-Loto, Fraser McReight, Scott Malolua, Isaac Lucas, Filipo Daugunu.

Haaie: Aphelele Fassi, Madosh Tambwe, Lukhanyo Am (k), André Esterhuizen, Lwazi Mvovo, Curwin Bosch, Louis Schreuder, Sikhumbuzo Notshe, Henco Venter, Dylan Richardson, Hyron Andrews, Ruben van Heerden, Thomas du Toit, Kerron van Vuuren, Ox Nche. PLAASVERVANGERS: Craig Burden, Juan Schoeman, John-Hubert Meyer, Le Roux Roets, Phepsi Buthelezi, Sanele Nohamba, Marius Louw, Jeremy Ward.

Skeidsregter: Brendon Pickerell.

Assistent-skeidsregters: Graham Cooper, Jordan Way.

TV-skeidsregter: James Leckie.

*Afskop: 10:15 (SA tyd, SS 1 en GDN).

Superrugby-bepalings

Superrugby-puntelyste

Superrugby-uitslae

Meer oor:  Sean Everitt  |  Madosh Tambwe  |  Lukhanyo Am  |  Brisbane  |  Reds  |  Haaie  |  Superrugby  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.