Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Haaie nie bekommerd oor ‘onbekende’ Sunwolves

Die Haaie boks so half in die donker wat hul voorbereiding vir hul eerste Superrugby-wedstryd Saterdag teen die Sunwolves in Singapoer betref.

Want van dié Japanse span weet die Durbaniete vanjaar maar bra min, erken die skrumskakel en kaptein, Louis Schreuder.

Louis Schreuder, die Haaie se skrumskakel en kaptein, in sy span se opwarmwedstryd teen die Leeus in aksie. Foto: Gallo Images

“Ons weet niks van die Sunwolves af nie, want hulle het nie regtig opwarmwedstryde gespeel nie,” het Schreuder Maandag in Durban gesê.

“Ons weet nie wie in hul span gaan wees nie, maar ons sien uit om teen hulle in Singapoer te gaan speel.

“Ek ken baie van die internasionale spelers wat vir hulle speel en hulle sal ’n sterk span kan kies.”

Gelukkig het die span ’n bedekte seën ontvang, wat so effens sal help wanneer hulle in die onbekende aanland.

Vir beter voorbereiding as hul opwarmwedstryd in versengende humiditeit teen die Bulle die naweek in Ballito, kon die Haaie beswaarlik vra voordat hulle na ’n warm Singapoer reis.

Dié wedstryd het met 7-7 gelykop geëindig en Schreuder erken die span wou graag meer drieë druk.

Ons het nie ons hoogste rat bereik in die opwarmwedstryde nie, maar dit is nie waar jy op jou beste wil wees nie.
Louis Schreuder

“Ons wou graag meer drieë in die opwarmwedstryde gedruk het, maar ons het stewige vertonings teen twee sterk spanne (die Bulle en Leeus) gelewer,” sê hy.

“Ons skep baie geleenthede, maar ons rond nie af nie. Ons haal die positiewe aspekte daaruit, maar nou moet ons net afrond.

“Ek is opgewonde om te sien wat ons kan doen. Ons het nie ons hoogste rat bereik in die opwarmwedstryde nie, maar dit is nie waar jy op jou beste wil wees nie.

“Baie van die jong ouens het goed vertoon in die opwarmwedstryde, ouens soos Pepsi Buthelezi en JJ van der Mescht het goed gevaar en ons sal hulle iewers deur die seisoen sien.”

Die Sunwolves kan hulle ook gerus staal vir ’n fisieke aanslag.

“Ons wil fisiek wees en ons eie planne op hulle afdwing en nie te veel op hulle fokus nie, want ons weet nie regtig veel van hulle af nie.

“Elke span wil goed begin en dit is vir ons belangrik om ons veldtog met ’n sege te begin.”

Superrugby-bepalings

Meer oor:  Haaie  |  Sunwolves  |  Louis Schreuder  |  Superrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.