Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Haaie se Robert du Preez nie in sak en as

Ondanks die teleurstellende nederlaag teen die Reds in Durban, sê die Haaie-afrigter, Robert du Preez, daar is steeds ’n positiewe gevoel in die kleedkamer.

Louis Schreuder weeg sy opsies op Vrydag teen die Reds in Durban. Foto: Gallo Images

Hy reken dit was ’n veel meer positiewe vertoning as die vorige week teen die Jaguares.

Die Haaie vertrek Sondag na Australië, waar hulle eerskomende naweek in Sydney teen die Waratahs speel en dan twee kragmetings in Nieu-Seeland teen onderskeidelik die Crusaders en die Chiefs het.

“Die spelers het regtig hard probeer teen die Reds en ek kan hulle nie kwalik neem vir die poging nie. Ons het verskeie geleenthede geskep om punte aan te teken, maar dit net nie benut nie.

“Daardie twee sagte drieë in die eerste 20 minute wat ons afgestaan het, het ons kwaai gebyt. Ons moet net eenvoudig meer geduld op die aanval toon,” glo Du Preez.

Hierdie nederlaag (14-21) was die Haaie se vierde by die huis vanjaar en ook die eerste keer in 15 jaar dat hulle in Durban teen die Reds verloor het.

“Dit is beslis nie goed vir ons ondersteuners nie ook nie vir enigeen wat by die span betrokke is nie. Dit is baie teleurstellend.

“Dit is tog goed dat ons nou oorsee kan gaan en daar saamstaan en ’n eenheid vorm. Ons gaan ’n groot vertoning teen die Waratahs nodig hê. Ek glo tog dat ons kan terugkom,” het Du Preez gesê.

Superrugby-bepalings

Superrugby-puntelyste

Superrugby-uitslae

Meer oor:  Reds  |  Haaie  |  Robert Du Preez  |  Superrugby  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.