Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Haaie sonder Curwin teen ’Canes

Die Haaie sal die Hurricanes sonder hul generaal, Curwin Bosch, pak.

Boeta Chamberlain maak Saterdag sy Superrugby-buiging. Foto: Gallo Images

Bosch het teruggekeer na Suid-Afrika ná ’n sterfgeval in sy familie. Die 20-jarige Boeta Chamberlain is in sy plek op losskakel gekies vir Saterdag se Superrugby-wedstryd in Wellington.

Bosch is vanjaar die Haaie se voorkeur-losskakel nadat hy die laaste twee jaar min speelkans gekry het aangesien die vorige afrigter, Robert du Preez, sy seun met dieselfde naam in die nr. 10-trui verkies het.

Chamberlain is egter ’n speler vir die toekoms en het geskitter in verlede jaar se Curriebeker-reeks.

Die Haaie het ook ’n paar skuiwe onder die plaasvervangers gemaak. Die groentjies Dylan Richardson en Phepsi Buthelezi sit albei op die bank, waarop ses voorspelers ingesluit is.

Richardson is ’n haker, wat ook flank kan speel.

* Haaie: Aphelele Fassi, Madosh Tambwe, Lukhanyo Am (k), André Esterhuizen, Makazole Mapimpi, Boeta Chamerlain, Louis Schreuder, Sikumbuzo Notshe, Tyler Paul, James Venter, Hyron Andrews, Ruben van Heerden, Thomas du Toit, Kerron van Vuuren, Ox Nche. PLAASVERVANGERS: Craig Burden, Juan Schoeman, John-Hubert Meyer, Le Roux Roets, Dylan Richardson, Phepsi Buthelezi, Sanele Nohamba, Jeremy Ward.

Superrugby-bepalings

Superrugby-puntelyste

Superrugby-uitslae

Meer oor:  Curwin Bosch  |  Haaie  |  Superrugby  |  Hurricanes
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.