Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Haaie sonder Bok-voorry vir derby
Die Haaie gaan moontlik sonder hul woelige haker Akker van der Merwe, wat hier ’n speler van die Blues op sy neus laat kyk, teen die Leeus oor die weg moet kom. Foto: Gallo Images

Die Haaie beskou nie Saterdag se Superstryd in Durban teen die Leeus as een wat ten alle koste gewen móét word nie, sê hul hulpafrigter, Ricardo Loubscher.

Al nader die ligafase sy stertkant en raak die situasie op die puntelys al hoe meer intens, glo Loubscher dit moet vir die Haaie meer gaan oor die genot-faktor.

“Ons beleid is om vir mekaar te speel en elkeen draf op die veld met die wete dat hy vir die speler langs hom moet speel.

Ons beleid is om vir mekaar te speel en elkeen draf op die veld met die wete dat hy vir die speler langs hom moet speel.
Ricardo Loubscher

“Die plan is om die momentum wat ons daar anderkant op ons toer verwerf het, deur te trek na die laaste vier weke van die kompetisie.”

Die Haaie het ná twee teleurstellende nederlae op Kingspark teen die Jaguares en Reds weer oorsee op die wenpad gekom met ’n oorwinning oor die Waratahs in Sydney. Hulle het daarna vriend en vyand verras met ’n gelykop-uitslag teen die Crusaders in Christchurch. Hul toer het egter met ’n nederlaag teen die Chiefs in Hamilton geëindig.

“Ons konsentreer daarop om hierdie week heelwat energie te hê in ons oefeninge en die atmosfeer in die groep is uitstekend.

“Ons besef die Leeus gaan met hul gebruiklike aanvallende ingesteldheid hier aankom. Ons moet voorbereid wees om vir 80 minute lank te konsenteer en nie te laat slaplê nie.

Tendai 'Beast' Mtawarira

“Verder weet ons ook die Leeus gaan nie in dieselfde strik trap as toe ons hulle op Ellispark (42-5) geklop het nie. Dit beteken egter nie ons gaan nie steeds daarna streef om daardie soort van vertoning te lewer nie,” sê Loubscher.

Die Durbaniete het egter verskeie spelers op die krukkelys en die Springbok-loskopstut Beast Mtawarira, wat met daardie massiewe sege op Ellispark die mylpaal bereik het as die Suid-Afrikaanse speler met die meeste Superrugby-verskynings, is een van hulle.

Hy sukkel nog met sy linkerknie, terwyl die hakers Akker van der Merwe (skouer) en Craig Burden (armspier), asook die veelsydige agterspeler Lwazi Mvovo (enkel) en veelsydige stut Thomas du Toit (enkel) waarskynlik nie een oorweeg sal kan word vir hierdie kragmeting nie.

Meer oor:  Beast Mtawarira  |  Akker Van Der Merwe  |  Durban  |  Leeus  |  Haker  |  Haaie  |  Derby  |  Rugby  |  Superrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.