Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
'Dankbaar dat Leeus my gepos het'

“Dankie dat julle my teruggebring het aarde toe.”

Harold Vorster het aan die begin van die seisoen gesukkel om sy peil van 2018 te handhaaf. Foto: Getty Images

Dit was Dinsdag die woorde van die senter Harold Vorster aan die Leeus se afrigtingspan.

Hierdie sterk, stewige middelveldspeler, het aan die begin van die seisoen nie die gehalte spel gelewer waartoe hy in staat is nie en daar is toe besluit om die mat onder hom uit te ruk en hom uit die span te laat.

“Dit het my laat wakker skrik,” het Vorster, wat sy terugkeer twee weke gelede teen die Waratahs gemaak het en boonop as Speler van die Wedstryd aangewys is, gesê.

“Ek geniet dit om weer deel van die aksie te wees en dit voel baie goed om terug te wees.

“Daar was wel so ’n ligte besering waarmee ek gesukkel het, maar dit was nie die rede hoekom ek uitgelaat is nie. Dit was eerder net dat my spel nie op standaard was nie,” erken hy van daardie eerste paar wedstryde waar hy byna onopsigtelik was.

“Dit laat jou skielik dink en besin wanneer jy nie meer deel van die span is nie en ek het daarop gefokus om die basiese dinge reg te doen.

“Ek het veral aandag gegee aan die geestelike taaiheid en om reg ingestel te wees elke keer wat ek op die veld hardloop,” het Vorster ná die Leeus se oefening in die Johannesburg-stadion gesê.

Ek het veral aandag gegee aan die geestelike taaiheid en om reg ingestel te wees elke keer wat ek op die veld hardloop.
Harold Vorster

“Dit is met tye nodig dat jy bietjie wakker geskud word en daarom wil ek dankie sê vir coach Swys-hulle en wat hulle vir my in daardie opsig beteken het,” sê hy.

“In rugby moet jy besef elke wedstryd is ’n kwaai toets en dat jy niks as vanselfsprekend kan aanvaar nie. Juis daarom wag daar Saterdag ook ’n moeilike kragmeting op ons teen die Haaie. Ons het dit wat in die vorige wedstryde teen die Haaie gebeur het agter ons gesit en ek voel ons is besig om ons beste peil op die regte tyd te bereik.

“Ons dink ook nie eers aan die uitspeelstryde nie en benader sake wedstryd vir wedstryd.”

Wat sy stryd in die middelveld betref teen die Haaie se twee Springbokke, André Esterhuizen en Lukhanyo Am, sê Vorster dit is nie vir hom iets persoonlik nie en dat hy eerder daarop ingestel wil wees om sy spel te lewer waartoe hy in staat is as om teen spesifieke name te speel.

Superrugby-bepalings

Superrugby-puntelyste

Superrugby-uitslae

Meer oor:  Swys De Bruin  |  Harold Vorster  |  Johannesburg  |  Senter  |  Leeus  |  Superrugby  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.