Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Herschel Jantjies loop Leeus-stryd mis
Godlen Masimla vandeesweek op die oefenveld in Bellville. Hy sal Saterdag op Ellispark die Stormers se nr. 9-trui dra. Foto: Gallo Images

Die Stormers se Springbok-skrumskakel, Herschel Jantjies, gaan Saterdag se Superrugby-wedstryd teen die Leeus op Ellispark weens ’n skouerbesering misloop.

John Dobson, die Stormers se afrigter, het vroeër vandeesweek gesê dat hy Jantjies tot Vrydag sal gee om te herstel, maar het besluit om hom eerder te laat rus en met Godlen Masimla te begin.

Paul de Wet is die plaasvervanger-skrumskakel.

Hy het egter gesê dat Jantjies en die flank Jaco Coetzee, wat harsingskudding het, fiks sal wees vir aanstaande week se wedstryd teen die Jaguares.

Coetzee se besering beteken dat Johan du Toit van agtsteman af flank toe skuif, terwyl Juarno Augustus die nr. 8-trui gaan dra.

Dobson roteer vandeesweek sy Springbok-vaskopstutte met Wilco Louw wat vir Frans Malherbe in die beginspan vervang.

Stormers: Dillyn Leyds, Sergeal Petersen, Ruhan Nel, Jamie Roberts, Seabelo Senatla, Damian Willemse, Godlen Masimla, Juarno Augustus, Pieter-Steph du Toit, Johan du Toit, Chris van Zyl, Salmaan Moerat, Wilco Louw, Scarra Ntubeni, Steven Kitshoff (k). PLAASVERVANGERS: Chad Solomon, Ali Vermaak, Frans Malherbe, JD Schickerling, Cobus Wiese, Ernst van Rhyn, Paul de Wet, Jean-Luc du Plessis.

Meer oor:  Stormers  |  Leeus  |  Superrugby  |  Herschel Jantjies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.