Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Highlanders kom met laaste hoera
Jordie Barrett, heelagter van die Hurricanes. Foto: Getty Images

Met niks meer op die spel nie en boonop agter geslote deure, het die gevaar altyd bestaan dat die laaste kragmeting van die Nieu-Seelandse Aotearoa-rugbyreeks maar ’n saai affêre kon wees.

Maar die Highlanders en Hurricanes het Saterdag in Dunedin op die veld gedraf vasbeslote om ’n laaste skouspel op te dis – en nie teleurgestel nie.

Dit was die Highlanders wat met 38-21 gewen het, nadat die twee spanne teen rustyd nog gelyk (14-elk) was.

Albei spanne was bereid om met die bal te hardloop, en daar kon selfs meer drieë gewees het as dit nie vir ’n lastige vorentoe-aangee hier en ’n uittrap by die kantlyn daar was nie.

Die wenspan se derde drie was ’n goeie voorbeeld van waar die bal deur verskeie spelers hanteer is, voordat die senter Michael Collins die beweging afgerond het.

In die tweede helfte het die Hurricanes se wiele effens afgekom en is die losvoorspeler Ardie Savea koelkas toe gestuur en het die skeidsregter boonop ’n strafdrie aan die Highlanders toegeken.

Toe die Highlanders se heelagter, Mitch Hunt, kort daarna teen die kantlyn afsuiker om te gaan druk, was dit neusie verby vir die Hurricanes – wat hul laaste vyf wedstryde gewen het.

Puntemakers: Highlanders 38 (14): Drieë: Ngatungane Punivai, Ash Dixon, Michael Collins, strafdrie, Mitch Hunt. Doelskoppe: Josh Ioane (3), Hunt. Strafdoel: Ioane.

Hurricanes 21 (14): Drieë: Vince Aso, Jamie Booth, Peter Umaga-Jensen. Doelskoppe: Jordie Barrett (3).

Meer oor:  Highlanders  |  Aotearoa-­Reeks  |  Hurricanes  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.