Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Highlanders onbekende faktor vir Haaie

Die Highlanders is met ses nuwelinge gelaai vir Vrydagoggend se Super-rugbywedstryd teen die Haaie in Dunedin.

Aaron Smith sal Vrydag met valkoë deur die Haaie dopgehou moet word in dié spanne se Superrugby-stryd in Dunedin. Foto: Getty Images

Dit is die tuisspan se eerste Superstryd van die seisoen en hulle kan ’n onbekende faktor wees vir die Haaie, wat hul openingswedstryd ’n week gelede teen die Bulle in Durban gewen het.

Die Haaie staan as een van die Suid-Afrikaanse spanne bekend wat die beste vaar op oorsese toere na Australasië.

Hoe goed hulle egter vanjaar met ’n taamlik nuwe groep gaan vertoon, sal gesien moet word.

Die gom wat die Highlanders bymekaar kan hou, is die ervare All Black-skrumskakel Aaron Smith. Sy teenwoordigheid gaan van groot belang wees vir die tuisspan en hy sal die nuwelinge rigting moet gee.

Die Highlanders is een van daardie Nieu-Seelandse spanne wat nooit wemel van die sterre nie, maar hulle het die harde manne wat nie skroom om die moue op te rol en die harde werk te doen nie. Name soos Liam Coltman, Josh Dickson, Dillon Hunt en die kaptein, James Lentjes, word nie altyd genoem wanneer daar ook potensiële All Blacks gepraat word nie, maar as ’n eenheid funksioneer hulle goed saam.

Die Haaie sal veral vir Smith aan bande moet lê. So kan hulle die tuisspan se kragtoevoer afsny en hulle grootliks neutraliseer – iets wat die skrumskakel Herschel Jantjies en die Stormers verlede week op Nuweland byvoorbeeld baie goed reggekry het.

Al was dit ’n wedstryd wat gewemel het van foute, het die Haaie se afrigter, Sean Everitt, vandeesweek gesê ’n goeie grondslag is daar in Durban gelê vir die seisoen.

Hy het ook daarop gewys dat die erg bedompige toestande grootliks vir die oormaat hanteerfoute verantwoordelik was.

Vrydag speel hulle egter onderdak in Dunedin en sal die Haaie se bewese wedstrydwenners soos Curwin Bosch, Lukhanyo Am, Makazole Mapimpi en Aphelele Fassi tot hul reg moet kom as die besoekers hul wenmomentum wil behou.

* Spanne:

Highlanders: Josh McKay, Tima Fainga’anuku, Rob Thompson, Josh Ioane, Jona Nareki, Mitch Hunt, Aaron Smith, Marino Mikaele Tu’u, James Lentjes (k), Dillon Hunt, Josh Dickson, Pari Pari Parkinson, Siate Tokolahi, Liam Coltman en Ayden Johnstone. PLAASVERVANGERS: Ash Dixon, Daniel Lienert-Brown, Josh Iosefa-Scott, Jesse Parete, Shannon Frizell, Kayne Hammington, Michael Collins en Teariki Ben-Nicholas.

Haaie: Aphelele Fassi, Madosh Tambwe, Lukhanyo Am (k), André Esterhuizen, Makazole Mapimpi, Curwin Bosch, Louis Schreuder, Sikhumbuzo Notshe, Tyler Paul, James Venter, Hyron Andrews, Ruben van Heerden, Thomas du Toit, Kerron van Vuuren en Ox Nche. PLAASVERVANGERS: Craig Burden, Juan Schoeman, John-Hubert Meyer, Le Roux Roets, Henco Venter, Sanele Nohamba, Boeta Chamberlain en Jeremy Ward.

Skeidsregter: Angus Gardner.

Assistentskeidsregters: Paul Williams, James Doleman.

TV-skeidsregter: Chris Hart.

Afskop: 08:05 (SA tyd, SS 1).

Superrugby-bepalings

Superrugby-puntelyste

Superrugby-uitslae

Meer oor:  Highlanders  |  Haaie  |  Superrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.