Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Highlanders seëvier in beseringstyd

Die Highlanders het Saterdag in die 83ste minuut ’n verdoelde drie aangeteken om die Brumbies in Canberra met 23-22 te klop.

Die besige Highlanders-skrumskakel Aaron Smith. Foto: Getty Images

Dit was die tuisspan se eerste nederlaag in 11 Superrugbywedstryde op die GIO-stadion, terwyl die Highlanders sy vyfde agtereenvolgende oorwinning oor die Brumbies behaal het.

Die Brumbies se haker, Folau Fainga’a, het drie keer agter die Nieu-Seelanders se doellyn gaan kuier, met die Aussies wat hul rolmaal vanaf lynstane uitstekend benut het.

Maar die slot Murray Douglas se geelkaart in die 82ste minuut het sy span duur te staan gekom.

Die Highlanders het een van hulle talle strafskoppe laat in die wedstryd binne die Brumbies se kwartgebied benut en Teariki Ben-Nicholas het langs die doelpale oorgeduik vir die beslissende drie.

Die Brumbies reis volgende week na Hamilton vir ’n kragmeting teen die Chiefs en die Highlanders pak die Crusaders in Christchurch.

*Puntemakers:

Brumbies 22 (12)Drieë: Folau Fainga’a (3). Doelskoppe: Noah Lolesio, Ryan Lonergan. Strafdoel: Lonergan.

Highlanders 23 (13)Drieë: Jona Nareki, Teariki Ben-Nicholas. Doelskoppe: Josh Ioane (2). Strafdoele: Ioane (3).

Superrugby-bepalings

Superrugby-puntelyste

Superrugby-uitslae

Meer oor:  Highlanders  |  Brumbies  |  Superrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.