Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Highlanders span tiener teen Crusaders in

Maak die Crusaders voorlangs sag, wees meer genadeloos as die groot oomblikke hulle voordoen en moenie punte afstaan wanneer jy punte aangeteken het nie.

Die Highlanders het ’n lys van voorspelbare doelwitte om te bereik as hulle Saterdag die Crusaders in Dunedin wil klop, maar hulle het ook ’n verrassing in die agtersak: die jong skrumskakel Folau Fakatava.

Sam Whitelock vandeesweek op die oefenveld. Foto: Getty Images

Die 19-jarige het ’n totaal van ses minute Superrugby op sy kerfstok, maar die Highlanders se hoofbreier, Aaron Mauger, is vol vertroue in wat hy kan bied wanneer hy speelkans kry.

“Baie sprankel,” het Mauger gesê. “Hy is ’n speler met die X-faktor.

“Hy was nog nie in só ’n groot wedstryd betrokke nie, maar ons glo hy sal reg wees vir die geleentheid wanneer hy speelkans kry.

“Hy was verlede week dié speler vir die Bravehearts (Highlanders) teen die Knights (Crusaders) op die veld (in Christchurch).

“Hy het hom laat geld en alles gedoen wat van hom gevra is, so hy verdien sy kans. As hy op die veld kom, is ek seker hy sal ’n paar mense opgewonde maak.”

Folau Fakatava. Foto: Getty Images

Daar sal egter gewag moet word om te sien hoeveel minute speelkans Fakatava kry.

Intussen sal tyd leer of Josh Dickson berou gaan hê omdat hy sy mond uitgespoel het voor Saterdag se suidelike derby tussen die spanne.

Die Highlanders-slot het vroeër die week in die media gesê hulle kan die Crusaders se pak voorspelers oorheers.

“Elkeen moet net sy rol vertolk en as ons dit kan doen, kan ons hulle oorheers,” het hy gesê voordat hy bygevoeg het: “So, as ons kan afrond, behoort daar niks te wees wat ons stop nie.”

Krediet aan die 24-jarige, Perth gebore slot om sy mond uit te spoel en clichés te vermy, wat dikwels verveel, maar dit moet bevraagteken word of dit ’n goeie idee is om die pasaangeër om te krap.

Nadat die span aangewys is, wat die eerste keer dié seisoen die kaptein Sam Whitelock insluit, het die Crusaders se afrigter, Scott Robertson, gesê hy hoef nie te veel te sê nie.

“Ek ken Josh. Ek is seker hy het nie bedoel dat dit só oorkom nie en julle, die media, kan vinnig op ’n ding spring. Oorheers is ’n baie sterk woord. Ons sal Saterdag sien,” het hy gesê.

Dit sal ook naïef wees om te dink dat die Crusaders wat met All Black-spelers belaai is Dickson nie aan sy uitlatings sal herinner, sou hulle die oorhand kry nie.

“Dis wat jy elke week verwag. En hulle moet ook, hulle verdien immers om so te praat. Soos ek gesê het, ons het almal kennis geneem en sien daarna uit,” het die stut Owen Franks, wat in sy 150ste wedstryd vir die Crusaders speel, gesê.  – Sportredaksie

Spanne

Highlanders: Ben Smith (m/k), Waisake Naholo, Sio Tomkinson, Tei Walden, Richard Buckman, Josh Ioane, Aaron Smith, Luke Whitelock (m/k), James Lentjes, Shannon Frizell, Jack Whetton, Josh Dickson, Tyrel Lomax, Liam Coltman, Ayden Johnstone. PLAASVERVANGERS: Ash Dixon, Daniel Lienert-Brown, Siate Tokolahi, Tom Franklin, Elliot Dixon, Dillon Hunt, Folau Fakatava, Marty Banks.

Crusaders: David Havili, Braydon Ennor, Jack Goodhue, Ryan Crotty, George Bridge, Richie Mo’unga, Bryn Hall, Whetukamokamo Douglas, Matt Todd, Jordan Taufua, Sam Whitelock (k), Scott Barrett, Owen Franks, Codie Taylor, George Bower. PLAASVERVANGERS: Andrew Makalio, Harry Allan, Michael Alaalatoa, Quinten Strange, Tom Sanders, Ere Enari, Brett Cameron, Will Jordan.

  • Skeidsregter: Brendon Pickerill.
  • Assistent-skeidsregters: Mike Fraser en James Doleman.
  • TV-skeidsregter: Glen Newman.
  • Afskop: 08:35 op SS 1.

Superrugby-bepalings

Superrugby-puntelyste

Superrugby-uitslae

Meer oor:  Highlanders  |  Crusaders  |  Superrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.