Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Ikey-oudbreier moet Rebels nou rigting gee

Kevin Foote, ’n voormalige afrigter van die Ikeys, is Dinsdag deur die Melbourne Rebels as hul tussentydse breier aangestel.

Foote is al die afgelope vier jaar deel van die Rebels se afrigtingspan en sy aanstelling kom nadat Dave Wessels besluit het om die tuig as hoofafrigter neer te lê.

Baden Stephenson, uitvoerende hoof van die Rebels, het op die Australiese Superrugby-franchise se webtuiste gesê dat Foote se aanstelling kontinuïteit sal verseker, maar ook vars elemente sal bring. Australië en Nieu-Seeland pak mekaar eersdaags oorkruis in ’n Trans-Tasmaanse reeks.

Kevin Foote is as die Melbourne Rebels se waarnemende hoofafrigter aangestel. Foto: Getty Images

“Kevin is opgewonde oor die geleentheid en sien uit na die Tasmaanse reeks. Daar’s baie agting vir hom en hy het ’n baie goeie verhouding met die spelers en ander personeel,” sê Stephenson.

“Die direksie en bestuur beskou hierdie aanstelling as ’n natuurlike progressie in sy tyd by die klub en sien uit om te sien hoe hy die rol omarm met die energie en professionaliteit waaraan hy geken word.”

Foote (42) sal steeds die rol van verdedigingsafrigter vervul en hom ook met spankultuur en die ontwikkeling van leiers bemoei.

Oor sy aanstelling vir die res van die seisoen het Foote gesê dat dit vir hom ’n groot eer is om as hoofafrigter waar te neem.

“Ek het groot skoene om te vul ná Dave se besluit en wil hom bedank vir al sy ondersteuning, leierskap en vriendskap in die jare wat ons saam gewerk het. Ek sien uit om voort te bou op die grondslag wat hy gelê het,” sê Foote.

“Ons het ’n groot taak wat voorlê met die Tasmaanse reeks wat binne twee weke begin. Ek is opgewonde om met die span en personeel te werk om te verseker dat ons gereed is vir ons eerste wedstryd teen die Blues.” – Sportredaksie

Meer oor:  Rebels  |  Ikeys  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.