Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Ivan bestem vir Bokke se nr. 9-trui, sê Fourie

Wat het die Bulle-skrumskakel Ivan van Zyl met die voormalige Springbok-skrumskakels Fourie du Preez en Dawie de Villiers in gemeen?

Hy is, soos Du Preez, ’n oud-Affie en is in die proses om hom ook as ’n dominee te bekwaam.

Dominee Dawie het die Springbokke op sy dag in 22 toetse aangevoer.

Die skrumskakel Ivan van Zyl laat loop die bal in die Bulle se onlangse kragmeting met die Stormers. Foto: Gallo Images

En ook, Du Preez is van mening die 22-jarige Van Zyl is die regte man om in 2019 by die Wêreldbeker-toernooi in Japan die Bokke se nr. 9-trui te dra.

“Fourie is een van die beste skrumskakels ooit en hy was ’n groot rolmodel vir my toe ek op skool was.

“Dit is ’n groot eer dat hy my so hoog aanslaan. Ek waardeer dit, maar besef ook dit is net woorde en sy mening.

“As ek dit ’n werklikheid wil maak, gaan ek myself op die veld moet bewys.”

Van Zyl is nadat hy aan die einde van verlede seisoen ’n skoueroperasie gehad het, oorgehaal om hom as die voorste skrumskakel in Pretoria te vestig.

“Dit was ’n lang herstelpad ná die operasie. My selfvertroue is terug en ek is gelukkig om weer deel te wees van die span.”

Hy het vir lank geduldig vir sy kans gewag nadat hy agter twee Bokke, Piet van Zyl en Rudy Paige, by Loftus Versfeld in die ry gestaan het.

Nou ding hy met die opwindende Embrose Papier en die ewe belowende André Warner mee.

Ons het baie gegroei verlede jaar in die Curriebeker-reeks en die span se uitdaging is om in Superrugby daarop voort te bou.

“Dit is goed. Hoe meer druk en mededinging daar is, hoe beter. Ek glo elke speler moet op sy tone wees en ons is almal hier vir dieselfde doel.

“Ons het mekaar nodig om beter te wees en ons almal wil hê die Bulle moet welslae behaal.

“Jy moet speel om beter te raak en dit was moeilik om verlede seisoen agter Piet en Rudy in die ry te staan. Al wat jy kan doen is om geduldig vir jou kans te wag.”

Van Zyl sê die Bulle glo onwrikbaar in hul afrigter, John Mitchell, se bloudruk.

“Ons het baie gegroei verlede jaar in die Curriebeker-reeks en die span se uitdaging is om in Superrugby daarop voort te bou.

“Dit was spesiaal vir ons om in die eerste wedstryd die Hurricanes te kon klop.

“Ons het sover nog nie die uitslae gekry waarvoor ons werk nie, maar ons selfvertroue is daar en ons weet wat die einddoel is.”

Dié teologiestudent sê hy beywer hom daarvoor om die Woord te verkondig ná sy rugbydae.

“Ek glo dit is die eintlike rede waarom ek hier op aarde is.”

Superrugby-bepalings

Superrugby-puntelyste

Superrugby-uitslae

Meer oor:  Dawie De Villiers  |  Bokke  |  Ivan Van Zyl  |  Springbokke  |  Bulle  |  Superrugby  |  Affies  |  Fourie Du Preez
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.