Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Jaguares-kaptein op pad na Frankryk

Die Argentynse agterspeler Jerónimo de la Fuente gaan die Jaguares verlaat en hom by die Franse klub Perpignan aansluit.

Die 29-jarige De La Fuente het 54 toetse vir die Poemas gespeel en is tans die kaptein van die Jaguares.

Jerónimo de la Fuente van die Poemas en die Jaguares gaan volgende jaar sy rugby in Frankryk speel. Foto: Getty Images

Perpignan en die Jaguares het die nuus Sondag aangekondig. De La Fuente se kontrak verstryk einde vanjaar en dan sal hy na die Franse klub gaan, wat in die tweede beroepsliga speel.

Die senter volg in die voetspore van Marcos Kremer (Stade Français) en Guido Petti (Bordeaux-Begles) wat die Jaguares se raad gevolg het om na oorsese kontrakte te kyk.

Die Argentynse Rugbyunie se raad aan spelers het gevolg nadat die toekoms van die Superrugby-reeks in onsekerheid gedompel is.

De la Fuente sê hy is dankbaar vir alles wat hy die afgelope tien jaar by die Poemas en die Jaguares ervaar het.

“Dankie aan die Argentynse Rugbyunie waar ek ’n dekade lank in die stelsel was en waar ek tot ’n beroepspeler kon ontwikkel.

“Ek het baie geleer, het baie ondervinding opgedoen en ek kon ook as ’n mens groei.” – TeamTalk

Meer oor:  Frankryk  |  Jeronimo De La Fuente  |  Jaguares  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.