Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Jaguares laat Kiwi’s skrik ná rustyd

Die Highlanders se losvoorspeler Liam Squire se kans om vanjaar by die Wêreldbekertoernooi in aksie te wees, raak by die dag skraler.

DUNEDIN, NEW ZEALAND - MAY 04: An injured Liam Squ
Liam Squire. Foto: Getty Images

Squire moes hom Saterdag op die nippertjie aan die Highlanders se span onttrek wat die Jaguares in Dunedin met 32-27 in hul Superrugby-kragmeting geklop het.

Dit sou Squire, wat op die plaasvervangersbank diens moes doen, se eerste wedstryd sedert November gewees het. Hy het las gehad van knie- en heupbeserings, berig newshub.co.nz.

Die Highlanders se afrigter, Aaron Mauger, het aan stuff.co.nz gesê dat Squire hom weens persoonlike probleme aan die span onttrek het en nie saam met die span na Suid-Afrika sal reis wat later vandeesmaand teen die Leeus en Stormers te staan kom nie.

Ten spyte van Squire se afwesigheid, het die Highlanders vier drieë gedruk en genoeg gedoen om ’n oorwinning te beklink, sodat die span hom in die vyfde plek op die gesamentlike puntelys kan bevind.

Die Argentyne, wat teen rustyd met 13-26 agter was, het teen die einde verwoed teruggeveg, maar kon nie die wedstryd beklink nie.

Die Highlanders kom volgende Saterdag teen die Leeus in Johannesburg te staan.

* Vrydag het die Rebels hul buurman, die Reds, met 30-24 in Melbourne geklop, terwyl die Hurricanes die Blues met 22-12 in Auckland geklop het.

Beauden Barrett, losskakel van die Hurricanes, en een van sy span se uitblinkers, was agterna vol lof vir die spel van sy spanmaat, die flank Ardie Savea.

“Hy is tans ongelooflik en vanuit ’n Hurricanes-oogpunt kan hy hopelik dié spelpeil voortsit,” het Barrett gesê.

Punte: 

Highlanders 32 (26): Drieë: James Lentjes, Matt Faddes, Sio Tomkinson, Liam Coltman. Doelskoppe: Josh Ioane (3). Strafdoele: Josh Ioane (2).

Jaguares 27 (13): Drieë: Matias Moroni, Marcos Kremer, Ramiro Moyano. Doelskoppe: Joaquín Díaz Bonilla (3). Strafdoele: Bonilla (2).

Superrugby-bepalings

Superrugby-puntelyste

Superrugby-uitslae

Meer oor:  Highlanders  |  Liam Squire  |  Superrugby  |  Jaguares
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.