Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Jaguares skok Hurricanes in Kiwiland
Lug toe! Tomas Cubelli sool die bal in die Jaguares se wedstryd in die Westpac-stadion teen die Hurricanes. Foto: Getty Images

Die Jaguares het Vrydagoggend (SA tyd) vir ’n groot verrassing gesorg deur die Hurricanes in Wellington met 28-20 in hul Superrugby-wedstryd te verslaan.

Dit was een van die min wedstryde hierdie seisoen waarin die Hurricanes nie behoorlik kon vlamvat om hul avontuurlike spel uit te stal nie.

Die Nieu-Seelanders het sonder twyfel hul All Black-losskakel, Beauden Barrett, wat ’n blaaskans gekry het, gemis.

Hulle het wel goed genoeg begin toe hul heelagter, Jordie Barrett, in die eerste minuut op ’n goeie lopie afgesit het.

Isaia Walker-Leaware van die Hurricanes soek deurkomkans teen die Jaguares. Foto: Getty Images

Die beweging is verder gevoer en die flank Vaea Fifita het met ’n drie afgerond.

Barrett het ongeveer ’n kwartier later weer ’n hand in ’n drie gehad. Maar dit was nie vir sy eie span nie.

Die Jaguares het ’n skoppie gejaag, die bal het oor die Hurricanes se doellyn getrek en Barrett het daarna geduik.

Toe trek Barrett los en klap daardie bal asof dit iemand is wat sy ma gevloek het en die bal trek oor die doodlyn.

Die Jaguares het ’n strafdrie gekry en Barrett is met ’n geelkaart gestraf.

’n Kenmerk van die wedstryd was die swak taktiese skopwerk deur die Hurricanes. Die Jaguares het self graag gereeld die bal hoog die lug in gesool.

Nog iets wat opvallend was, was die goeie mededinging van die Jaguares in die lynstane.

Die Jaguares het met dié sege voorlopig die voorste plek op die puntelys in die Suid-Afrikaanse groep ingeneem.

* Puntemakers:

Jaguares 28 (21): Drieë: Strafdrie (7 punte), Agustin Creevy, Jeronimo de la Fuente, Julian Montoya. Doelskoppe: Joaquin Diaz Bonilla (3).

Hurricanes 20 (8): Drieë: Vaea Fifita, Ngani Laumape, Kane Le’upepe. Doelskop: Jordie Barrett (1).

* Puntemakers: Jaguares 28 (21): Drieë: Strafdrie (7 punte), Agustin Creevy, Jeronimo de la Fuente, Julian Montoya. Doelskoppe: Joaquin Diaz Bonilla (3).
Hurricanes 20 (8): Drieë: Vaea Fifita, Ngani Laumape, Kane Le’upepe. Doelskop: Jordie Barrett (1). Strafdoel: Barrett (1).

: Barrett (1).

Superrugby-bepalings

Superrugby-puntelyste

Superrugby-uitslae

Meer oor:  Superrugby  |  Hurricanes  |  Jaguares
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.