Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Jaguares soek méér as net Super-sukses

Die Jaguares is nie net vanjaar daarop uit om een van die topspanne in Superrugby te wees nie, maar wil ook die grondslag vir sukses in volgende jaar se Wêreldbekertoernooi begin lê.

So sê Martín Landajo, skrumskakel van die Jaguares.

Martín Landajo, die Jaguares se skrumskakel, sal vanjaar een van die span se sleutelspelers in die Superrugby-reeks wees. Foto: Getty Images

Dié Argentynse span begin sy Super-veldtog Saterdag op Nuweland teen die Stormers, nadat hy die afgelope Saterdag in Pretoria met 12-21 in ’n losmaker teen die Bulle verloor het.

Dit is die seisoen die Jaguares se derde veldtog in Superrugby – met ’n nuwe afrigter, Mario Ledesma, vanjaar aan die stuur.

Daar word verwag dat die span van Buenos Aires onder Ledesma, wat die Wallabies se voorspelers afgerig het, in veral die vaste fasette gedug sal wees.

Die besoekers het die Bulle onder druk gehad in die skrums en John Mitchell het agterna gesê die Jaguares het slim taktiek gebruik.

Ons wil die seisoen beter vaar, nie net in Superrugby nie, maar ook met die oog op die Wêreldbekertoernooi.

Landajo het te kenne gegee hul longe het gebrand in die tweede helfte, maar op Nuweland behoort dit beter te gaan.

Die Jaguares het ook ’n nuwe kaptein, met die jong flank Pablo Matera wat by die Poemas-kaptein, Agustín Creevy, oorneem.

“Ons wil die seisoen beter vaar, nie net in Superrugby nie, maar ook met die oog op die Wêreldbekertoernooi. Dit was ons eerste wedstryd van die jaar (teen die Bulle) en ons het geweet dit gaan moeilik wees.

“Ons het ’n harde wedstryd nodig gehad voor volgende naweek,” het Landajo gesê.

Dié veteraan, wat sedert 2008 in 78 toetse vir die Poemas gespeel het, sê dit is een van hul doelwitte om gedug te wees in die skrums en lynstane – afdelings waarin Argentynse spanne tradisioneel sterk was.

“Die uitdaging teen die Stormers sal soortgelyk wees. Al die Suid-Afrikaanse spanne het groot agttalle en weet hoe om te rolmaal.”

Landajo sê diepte sal vanjaar weer ’n groot faktor vir die Jaguares wees.

“Ons moet al ons spelers beskikbaar hê. Ons het net een beroepspan in Argentinië en dit is ’n unieke uitdaging.

“Daar is goeie spelers in die span, maar ons het nie diepte nie. Ons het verlede seisoen baie beserings gehad en dit het ’n groot impak gehad.”

Gonzalo Bertranou was aanvanklik Saterdag die losskakel Nicolás Sánchez se skakelmaat, maar Landajo is in die tweede helfte ontplooi en sal na verwagting op Nuweland agter die oond in beheer wees.

Meer oor:  Stormers  |  Bulle  |  Superrugby  |  Jaguares
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.