Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Jaguares wys nuwe afrigter aan

Die Jaguares het bevestig Gonzalo Quesada sal die span voortaan in die Superrugbyreeks afrig.

Gonzalo Quesada het 38 toetse vir Argentinië gespeel. Foto: Getty Images

Rugby365.com berig Quesada neem die leisels by Mario Ledesma oor, wat verlede week vir Daniel Hourcade as hoofafrigter van Argentinië vervang het.

Quesada, wat 38 toetse vir die Poemas gespeel het, het sy pos by die Franse klubspan Biarritz verlaat om terug te keer na sy tuisland. Die Jaguares het vanjaar onder Ledesma se afrigting die uitklopronde van die Superrugbyreeks gehaal.

Quesada was Stade de France se breier van 2013 tot 2017 en het die klub in 2015 tot die Top-14-titel gelei en twee jaar later die Europese Uitdaagbeker-titel gewen.

“Dit was tyd om terug te keer na my geboorteland en al my ervaring na Argentynse rugby te bring,” sê Quesada.

“Daar is ’n emosionele aspek aan hierdie besluit om my by die Jaguares aan te sluit. Dit is ’n groot avontuur wat ek in diepte wil beleef.

“Jy moet die goeie dinge gebruik wat deur Aspirina Perez en daarna Mario Ledesma gedoen is en kyk hoe jy die span kan laat aanhou groei en ontwikkel.”

– Sportredaksie

Meer oor:  Superrugby  |  Jaguares
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.