Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Jake White het lekker lostrio-kopseer

Wanneer dit werk, torring jy nie daaraan nie.

Of Jake White by dié goue reël gaan hou wanneer daar besluit word hoe die Bulle se lostrio Saterdagaand op Loftus Versfeld teen die Stormers daar sal uitsien, moet nog gesien word.

Elrigh Louw, veelsydige voorspeler van die Bulle, word by Loftus Versfeld as ’n toekomstige grote beskou. Foto: Gallo Images

Elrigh Louw (21) het die afgelope Saterdag uitstekend gekombineer met die Springbokke Duane Vermeulen en Marco van Staden toe die Bulle die Haaie in die Superrugby Unlocked-reeks met ’n loesing huis toe gestuur het.

Hy het ’n kans in die beginspan gekry ten koste van Arno Botha, wat self op sy stukke was nadat hy as ’n plaasvervanger ontplooi is.

Louw het die verwagtinge só oortref dat hy waarskynlik weer in die nr. 7-trui sal begin.

Dit is nie ’n slegte vooruitsig vir iemand wat ’n paar weke gelede gewonder het waar sy volgende salaris vandaan sal kom ná die Kings se likwidasie-fiasko nie.

“Ek geniet dit ongelooflik baie hier. Dit was ’n groot besluit en ’n groot skuif, maar ek het beslis die regte keuse vir my loopbaan gemaak.

“Dit was ’n kwessie van twee dae wat ek sak en pak uit die Baai getrek en in Pretoria aangekom het. Alles het so vinnig gebeur, maar ek het so maklik ingepas. Dit voel eintlik of ek al jare hier is.”

Die einste Vermeulen, Schalk Burger en Richie McCaw tel onder Louw se kinderhelde.

“Ek probeer om soos ’n spons te wees. Om saam met Duane en Marco te speel, is ’n voorreg wat min spelers het en ek leer soveel as wat ek kan.”

Daar word by Loftus vertel dit is nie ’n kwessie van óf hy ’n Springbok gaan word nie, maar eerder wanneer.

Ek fokus nie op ander goed nie. Ek werk met mening.
Elrigh Louw

Louw sê hy steur hom nie aan die ophef wat daar oor hom gemaak word nie.

“Ek fokus nie op ander goed nie. Ek werk met mening.”

White het Saterdag voorspel die Stormers sal ’n groter fisieke uitdaging bied as die Haaie.

Benewens ervare Springbokke soos Steven Kitshoff, Bongi Mbonambi en Frans Malherbe in die voorry, is daar belowende bulle soos Ernst van Rhyn en Juarno Augustus in die lostrio.

“Daar sal kleiner stryde binne die groot stryd wees en dit is ’n groot uitdaging teen hul agttal.

“Ons weet hul vaste fasette sal goed wees en ons staal onsself daarvoor,” sê Louw.

Die Bok Trevor Nyakane behoort terug te wees in die beginspan om sy tweestryd met Kitshoff te hervat.

Meer oor:  Pretoria  |  Jake White  |  Superrugby Un­Locked  |  Bulle  |  Elrigh Louw
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.