Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Jake wil Ashley en Joey na Loftus lok

Ná sowat agt jaar in Engeland kan die flambojante Ashley Johnson moontlik na Suid-Afrika terugkeer om een van Jake White se senior spelers by die Blou Bulle te word.

Ashley Johnson

Die Bulle se direkteur van rugby het ook planne om Russell Winter en Joey Mongalo by sy afrigtingspan te betrek.

Weens die Covid-19-pandemie het die Bulle se onderhandelinge ’n effense spoedhobbel getref om die 33-jarige Johnson oor te haal om Pretoria toe te trek.

Johnson het hom in 2012 vanaf die Cheetahs by sy Engelse klub Wasps aangesluit en spog met ervaring van meer as 200 eersterangse wedstryde as ’n flank en haker.

Hy het sy merk destyds van 2007 tot 2012 by die Cheetahs gemaak. In 2011 is hy met ’n plek in die Springbok-groep beloon.

In 2018 het sy loopbaan teenspoed gekry in Engeland toe hy positief vir die gebruik van ’n verbode middel getoets het en vir ses maande geskors is.

Winter was die Stormers se voorspelerafrigter onder Robbie Fleck voordat Fleck einde verlede jaar sy pos verloor het. Winter se kontrak is toe nie deur Fleck se opvolger as Stormers-breier, John Dobson, verleng nie.

Mongalo se kontrak by die Leeus as verdedigingsafrigter is vroeër vanjaar beëindig nadat hy twee jaar gelede van teistering in ’n Australiese hof ná ’n voorval tydens ’n Superrugby-toer van die Leeus aangekla is.

Hoewel Mongalo op appèl vrygespreek is, was dit te laat om sy Leeu-pos te red.

Volgens Rapport se inligting het White net die skrumafrigter, Daan Human, van die huidige afrigterskorps van die Bulle verseker van sy pos.

White kon weens die Covid-19-inperking nog nie Pretoria sy nuwe tuiste maak nie. Hy woon tans in Hermanus.

Gevolglik is daar nog geen gesprekke met die huidige spanbestuur gevoer nie.

“Daar is nog geen kontrakte geteken of aanbiedinge gemaak nie,” het Alfons Meyer, uitvoerende hoof van die Blou Bulle Maatskappy, gesê.

“Hy praat wel tans met baie mense.”

Meer oor:  Ashley Johnson  |  Jake White  |  Pretoria  |  Blou Bulle
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.