Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Jamba doen eerste Super-samba vir Leeus
Jamba Ulenga, wat voorheen onder andere vir die Bulle gespeel het, maak Vrydag sy Superrugby-debuut vir die Leeus. Foto: Gallo Images

Die Leeus het vier veranderinge aan hul rugbyspan gemaak vir Vrydag se Superwedstryd teen die Waratahs in Sydney.

Daar is geen teken van die Springbok Jannie du Plessis in die 23-tal nie, terwyl Jamba Ulenga sy debuut sal maak vir die Leeus as linkervleuel in die plek van Courtnall Skosan.

Daar is ook ’n nuwe haker, Jan-Henning Campher, terwyl Carlu Sadie die plek van Du Plessis as vaskopstut neem.

André Warner is ook terug as skrumskakel, nadat hy in die eerste wedstryd teen die Jagaures in Buenos Aires beseer is.

Hy vervang vir Morné van den Berg, wat in die vorige kragmeting met die Stormers nie die mas opgekom het nie.

Elton Jantjies, wat ’n uithaler-vertoning teen die Kapenaars op Ellispark gelewer het, behou die kapteinskap.

Elton Jantjies draf weer voor vir die Leeus. Foto: Getty Images

Daar is ook ’n nuwe gesig in Frans van Wyk op die plaasvervangerbank as die vaskopstut.

Ivan van Rooyen, die afrigter, sê hy is tevrede met hoe sy spelers tot dusver geakklimatiseer het in Sydney en dat hulle reeds een of twee goeie oefensessies gehad het.

Hy voel ook hierdie tydperk weg van die kollig in Suid-Afrika sal sy spelers goed doen om ’n eenheid te vorm.

* Leeus: Andries Coetzee, Tyrone Green, Manuel Rass, Dan Kriel, Jamba Ulenga, Elton Jantjies (k), André Warner, Len Massyn, Vincent Tshituka, Marnus Schoeman, Marvin Orie, Ruben Schoeman, Carlu Sadie, Jan-Henning Campher, Dylan Smith. PLAASVERVANGERS: Pieter Jansen, Sti Sithole, Frans van Wyk, Wilhelm van der Sluys, Willem Alberts, Hacjivah Dayimani, Morné van den Berg, Wandisile Similane.

Superrugby-bepalings

Superrugby-puntelyste

Superrugby-uitslae

Meer oor:  Jamba Ulengo  |  Leeus  |  Superrugby  |  Waratahs
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.