Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Jane soek voete by mini-Superreeks

Die voormalige All Black Corey Jane, deesdae ’n hulpafrigter van die Hurricanes, is optimisties dat “volgepakte stadions” in Nieu-Seeland se Aotearoa-kompetisie later ’n moontlikheid kan wees.

Corey Jane, hulpafrigter van die Hurricanes. Foto: Getty Images

Jane sê hy ken die “onwerklike gevoel” om in ’n volgepakte Westpac-stadion in Wellington te speel, maar nie almal in Kiwi-rugbykringe is ewe hoopvol dat toeskouers in die afsienbare toekoms by wedstryde toegelaat sal word nie.

Dikwels wanneer ’n tragedie of ’n ramp opskrifte oorheers, bring sport mense nader aan mekaar en dien as ’n positiewe afleiding, maar dit is verstaanbaar nie moontlik met die Covid-19-pandemie nie, het Jane aan stuff.co.nz gesê.

Die Hurricanes begin hulle Superrugby-Aotearoa-veldtog, dié land se plaasvervanger vir die opgeskorte Superreeks, op 14 Junie teen hul voormalige superster Beauden Barrett wanneer hul in Auckland die Blues pak.

Daar behoort in die komende dae al meer versoeke te wees om toeskouers by die wedstryde toe te laat met Nieu-Seeland wat Maandag vir die tiende agtereenvolgende dag geen nuwe Covid-19-gevalle gehad het nie.

Duisende mense het boonop Maandag by Auckland se Aotea-plein bymekaar gekom om teen die moord van George Floyd in die VSA te betoog.

Nieu-Seeland het net een “aktiewe geval” van iemand wat die koronavirus onder lede het en rugbybase kyk reeds na scenario’s om toeskouers by stadions moontlik te maak.

Die eerste wedstryd begin op 13 Junie in Dunedin met die kragmeting tussen die Highlanders en Chiefs.

Jane, wat 53 toetse vir die All Blacks gespeel het, sê almal het begrip daarvoor dat daar protokolle is wat gevolg moet word.

“Dit sal egter wonderlik wees as daar later in die kompetisie toeskouers teenwoordig is.

“Vir my gaan dit meer daaroor dat die spelers kan teruggee vir ondersteuners en borge as die ondersteuning in ’n stadion.

“Dit sal ’n onwerklike gevoel wees as daar wel ondersteuners toegelaat sal word om stadions vol te pak.

“Almal van ons is deur ’n taai tyd – spelers, ondersteuners, unies, borge – waarvan baie vooraf betaal het om Superrugby te kyk.” – stuff.co.nz

Meer oor:  Superrugby  |  All Blacks  |  Hurricanes
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.