Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Jordan se spel werk met Warren se gal

Warren Gatland se debuut-seisoen as Chiefs-afrigter het in ’n algehele nagmerrie ontaard.

Die Crusaders het gister in die Super Rugby Aotearoa-reeks Gatland se span op hul tuisveld in Hamilton met 32-19 getroef. Dit was die Chiefs se sewende agtereenvolgende loesing.

aotearoa, rugby
Sean Wainui (Chiefs, links) en Bryn Hall (Crusaders) groet mekaar tradisioneel. Foto: Getty Images

Wat ook nog ’n bitter smaak in Chiefs-ondersteuners se mond gaan laat, is hoe die skeidsregter, Ben O’Keeffe, en sy assistente se blapse die Chiefs duur te staan gekom het.

Vir ’n tweede naweek in ’n ry was die skeidsregter die groot gesprekspunt ná ’n wedstryd waarby die Chiefs betrokke was.

In die opbou tot die Cru­saders-vleuel Sevu Reece se wendrie, het dit gelyk of sy spanmaat Quinten Strange die bal aangeslaan het.

Vreemd genoeg het O’Keeffe en die televisie-skeidsregter beslis dat die bal nie vorentoe van Strange af is nie. Met die drie wat toegeken is, het die gaping tussen die twee spanne vergroot en die Chiefs kon net nie weer naby die besoekers kom nie.

Aaron Cruden, losskakel van die Chiefs, se 100ste wedstryd vir sy span is ook met dié loesing bederf. Hy is ook oorskadu deur die Crusaders-losskakel, Richie Mo’unga, wat weer uitstekend was.

Dis egter Will Jordan, heelagter van die Crusaders, wat die kollig gesteel het.

Hy was telkens die vonk van die Crusaders se aanvalle met die manier waarop hy om en verby verdedigers geseil het.

Vir ’n groot deel van die wedstryd het die Chiefs mooi kers vasgehou by die Crusaders nadat hulle aanvanklik met 12-0 agter was.

Maar weer was dit die besoekers se ekstra rat in daardie laaste 20 minute van die wedstryd wat die verskil tussen die spanne was.

Twee drieë in dié tyd het die oorwinning verseker.

Sam Cane, kaptein van die Chiefs, het ná die wedstryd gesê ondanks hul stadige begin, het hulle goed teruggeveg om ’n vastrapplek in die wedstryd te kon kry.

“Die kompetisie wys dat dit daardie een of twee oomblikke verg om bo uit te kom,” het Cane gesê.

Codie Taylor, kaptein van die Crusaders, het gesê sy span het ’n groot gestoei met die Chiefs gewen.

Punte

Chiefs 19 (10): Drie: Lachlan Boshier. Doelskop: Damian McKenzie. Strafdoele: McKenzie (4).

Crusaders 32 (17): Drieë: Tom Sanders, Will Jordan, Codie Taylor, Sevu Reece, Leicester Faingaanuku. Doelskoppe: Richie Mo’unga (2). Strafdoel: Mo’unga.


Meer oor:  Aotearoa-­Reeks  |  Crusaders  |  Superrugby Aotearoa  |  Chiefs
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.