Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Kan Haaie weer verlore vonk oorsee vind?

Vir ’n beter tyd om oorsee te toer, kon die Haaie beswaarlik vra.

Nie net is hulle tans weens hul vrotsige vertonings op Kingspark Vyand Nommer Een in Durban nie, maar ’n wegbreek na Australasië is straks net die doepa om die span weer op dreef te kry.

Philip van der Walt verlede jaar tydens die Haaie se skittersege oor die Blues in Auckland. Foto: Getty Images

Dit was verlede jaar juis op hul toer waar die span sy naam as Kiwi-slagters begin maak het.

Vanjaar reis die Haaie oorsee ná twee nederlae in Durban – eers teen die Jaguares met 17-51 en verlede week teen ’n bra halfgebakte Reds, met 14-21. Dít ná ’n skitterende wegholsege oor die Leeus op Ellispark.

Vrydag kom hulle teen die Waratahs in Sydney te staan, waarna die Crusaders en die Chiefs op hulle wag.

Verlede jaar het die Haaie vier wedstryde oorsee gespeel en sleg gevaar teen die twee Aussie-spanne, die Brumbies en die Rebels, maar daarna het die Durbaniete vlamgevat toe hulle in Nieu-Seeland geland het.

Eers het hulle die Blues in Auckland met 63-40 afgeslag, waarna die Hurricanes die Haaie se harte in die doodsnikke gebreek het en met 38-37 in Wellington geseëvier het.

Soos dit maar met die onbestendige Haaie gaan, het hulle net ná hul terugkeer na Suid-Afrika weer ’n groot nederlaag teen die Bulle (10-40) gely, maar ook met selfvertroue teen die ander Nieu-Seelandse spanne op hul pad, die Highlanders en Chiefs, gespeel en twee seges in daardie wedstryde behaal.

Dit het die Haaie gehelp om die kwarteindronde te haal, waar hulle teen die Crusaders in Christchurch vasgeval het.

Vanjaar is die Haaie gelukkig in die sin dat hulle slegs drie wedstryde oorsee speel. ’n Sege oor die Crusaders is waarskynlik ver buite hul bereik, maar die Waratahs en Chiefs moet eenvoudig geklop word.

Die Haaie se uitspeelkanse hang daarvan af.

Die Haaie se toergroep is: 

Voorspelers: Akker van der Merwe, Coenie Oosthuizen, Daniel du Preez, Hyron Andrews, Jacques Vermeulen, Jean-Luc du Preez, John-Hubert Meyer, Tendai Mtawarira, Thomas du Toit, Tyler Paul, Mzamo Majola, Ruan Botha, Kerron van Vuuren, Philip van der Walt, Luke Stringer, Ruben van Heerden.

Agterspelers: André Esterhuizen, Curwin Bosch, Aphelele Fassi, Cameron Wright, Louis Schreuder (k), Lukhanyo Am, Makazole Mapimpi, Marius Louw, Robert du Preez, Sbu Nkosi, Kobus van Wyk.

Superrugby-bepalings

Superrugby-puntelyste

Superrugby-uitslae

Meer oor:  Haaie  |  Superrugby  |  Waratahs
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.