Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Kan weerlig 2 keer op selfde plek slaan?

Was dit wat die Leeus twee jaar gelede reggekry het bloot ’n geval van ’n blinde hoender wat ook ’n mieliepit kan raakpik of kan hulle op daardie uitsonderlike vertoning voortbou?

Die onderwerp onder bespreking is die rugbyspan van die Goudstad se vertoningslys in Sydney teen die Waratahs.

Die Leeu-flank Marnus Schoeman op pad doellyn toe toe die Gautengers in 2018 ’n geskiedkundige oorwinning in Sydney behaal het. Foto: Gallo Images

Vrydagoggend (SA tyd) kom die Leeus in hul eerste wedstryd op hul Australasiese toer weer in Sydney teen die ’Tahs te staan.

In 2018, die laaste keer toe dié twee spanne daar kragte gemeet het, het die Leeus ’n klinkende en geskiedkundige sege van 29-0 behaal. Dit was nie net die eerste keer dat die Leeus daar in Sydney kon wen nie, maar ook die eerste keer dat die Waratahs nie ’n enkele punt in ’n tuiswedstryd kon behaal nie.

Al die vorige kere toe die Leeus Sydney toe is, is hulle stert tussen die bene daar weg.

Die eerste kragmeting tussen hierdie spanne in Sydney was in 1996, met die Nieu-Suid-Walliesers wat met 32-11 baas was. Daarna het die tuisspan in 2008 met 26-3 koning gekraai en in 2010 het hulle die Leeus met 73-12 platgevee. In 2014 was die Waratahs weer gerieflik met 41-13 die oorwinnaar.

Dus was nie een van die wedstryde tussen hierdie spanne daar in Sydney nog ’n gelykop affêre nie.

Die Leeus het slegs ses spelers oor van die span wat twee jaar gelede deel gehad het aan daardie geskiedkundige sege. In die beginspan is dit net die heelagter Andries Coetzee, die losskakel Elton Jantjies, die slot Marvin Orie en die agtsteman Hacjivah Dayimani. Die loskopstut Dylan Smith en die flank Marnus Schoeman, wat albei hierdie keer in die beginspan behoort te wees, was daardie dag op die plaasvervangersbank.

In die toergroep wat die Leeus verlede week bekend gemaak het, is daar ook nie ’n kaptein aangewys nie.

Tog is die verwagting dat Jantjies weer voor sal draf, hoewel Jannie du Plessis en Orie dalk ook kandidate kan wees. Daar was egter nog nie nuus uit die Leeu-kamp oor wie die trop gaan lei nie.

Vir die Waratahs en die Leeus het dié Super-seisoen nog nie te goed begin nie.

Terwyl die Leeus net een van hul drie wedstryde kon wen, dit teen nog ’n Aussie-span, die Reds, het die Waratahs al drie hul wedstryde verloor en is hulle tans ook laaste op die algehele puntelys.

Dit is dus twee benoude spanne wat mekaar pak, wat beteken dat daar nie ’n gebrek aan intensiteit sal wees nie.

Superrugby-bepalings

Superrugby-puntelyste

Superrugby-uitslae

Meer oor:  Leeus  |  Superrugby  |  Waratahs
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.