Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Kieran se nek lol, maar daar is g’n krisis
Die Crusaders se All Black-hardebaard Kieran Read se nek lol effens, maar daar is geen rede tot kommer nie. Foto: Getty Images

Die All Black-kaptein, Kieran Read, het Saterdag se Superrugby-kragmeting tussen die Crusaders en die Stormers op Nuweland weens ’n nekbesering misgeloop, maar daar is geen rede tot kommer nie.

Só het die Superkampioenspan se afrigter, Scott Robertson, Sondag gesê.

“Kieran het sy nek effens verdraai gedurende Donderdag se oefensessie en ons het hom ’n dag gegee om te herstel. Op die ou einde het ons, met die oog op die res van die seisoen, besluit om eerder nie ’n kans met hom te waag nie. Maar dis niks ernstig nie.”

Scott Robertson

Hy sal wel ’n verdere ondersoek ondergaan sodra die span Maandag na Christchurch terugkeer.

Die Crusaders het hul tweede wedstryd in Suid-Afrika Saterdag afgesluit deur met 19-19 teen die Kaapse franchise gelykop te speel.

Dit was die verdedigende kampioen se tweede gelykop-uitslag in sy laaste drie wedstryde, maar hy is steeds loshande voor die res op die puntelys, met twee tuiswedstryde teen die Blues en Reds was wag.

Tussen die twee reis hy ook om die Chiefs in ’n wegwedstryd te takel.

– Reuters

Superrugby-bepalings

Superrugby-puntelyste

Superrugby-uitslae

Meer oor:  Kieran Read  |  Scott Robertson  |  Christchurch  |  Nieu-Seeland  |  Nekbesering  |  Rugby  |  Crusaders  |  Superrugby  |  All Blacks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.