Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Kings trek in alle rigtings ná Kaapse derby
Steven Sykes is Saterdag vir die laaste keer vir die Southern Kings in aksie. Foto: Werner Hills

Daar bly maar min oor van die Southern Kings se rugbyspan ná Saterdag se wedstryd teen die Stormers op Nuweland.

Soos ’n handgranaat wat ontplof, trek die Kings-spelers ná die eindfluitjie in alle rigtings.

Dit is byna ’n herhaling van wat in 2013 ná die einde van die Kings se eerste jaar in Superrugby gebeur het.

Alles wat gedurende die seisoen opgebou is, val omtrent weer uitmekaar.

Slegs ’n handjievol spelers gaan weer agterbly om die OP-Kings in die Curriebeker-reeks te help.

Selfs dit is nie ’n gegewe nie, want die Oostelike Provinsie Rugbyunie se geldsake is skynbaar steeds in ’n warboel.

Só spat die Southern Kings se groep uitmekaar

Jurgen Visser (Docomo Red Hurricanes), Wandile Mjekevu (Haaie), Lukhanyo Am (Haaie), Luzuko Vulindlu (SWD-Arende), Charles Radebe (SWD-Arende), Leighton Eksteen (SWD-Arende), Shane Gates (Shining Arcs), Stefan Watermeyer (tree uit), Louis Fouché (Kubota Spears), Dewald Human (SA Rugby Sewes-akademie), Ntando Kebe (Grens), James Hall (Oyonnax), Thembelani Bholi (Cheetahs), Chris Cloete (Pumas), Aidon Davis (Toulon), Andisa Ntsila (SWD-Arende), Stefan Willemse (moontlik Griekwas), Steven Sykes (Oyonnax), Schalk Oelofse (SWD-Arende), Justin Ackerman (Leeus), Jacobie Adriaanse (Blou Bulle), Tom Botha (Cheetahs), Sti Sithole (Westelike Provinsie), Martin Ferreira (moontlik Westelike Provinsie), Edgar Marutlulle (oorweeg verskeie aanbiedinge), Kevin Luiters (onseker).

Spelers wat moontlik in die OP aanbly: Jaco van Tonder, Malcolm Jaer, Siyanda Grey, Jeremy Ward, JP du Plessis, Elgar Watts, Vleis Engelbrecht, JP Jonck, Junior Pokomela, Sintu Manjezi, CJ Velleman, Cornell Hess, Tazz Fuzani, JC Astle, Schalk Ferreira, Martin Bezuidenhout.

“Daar is ’n paar spelers wat kontrakte het vir volgende jaar se Super-rugby saam met die Kings, maar ons groet die meeste,” sê Deon Davids, die Baaise span se hoofafrigter.

Steven Sykes, die Kings se kaptein, gaan sommer ná die kragmeting met die Stormers in Kaapstad agterbly.

Hy vertrek Sondag na Frankryk waar hy vir Oyonnax gaan speel.

Die 31-jarige Sykes sal na verwagting sy loopbaan in Frankryk afsluit.

Die jong skrumskakel James Hall en die agtsteman Aidon Davis is ook op pad Frankryk toe.

Sykes het vanjaar van die beste rugby van sy loopbaan gespeel en was ’n gewilde kaptein.

Hy was nie vandeesweek by die mediakonferensie nie, maar die onderkaptein, Shane Gates, sê die Kings gaan alles gee in hul laaste wedstryd van die seisoen.

“Ek weet nie van die ander ouens nie, maar ek wil die Kings op ’n hoogtepunt groet,” sê Gates.

Dié knap senter is op pad Japan toe waar hy vir die Shining Arcs gaan uitdraf.

Jurgen Visser (heelagter) en Louis Fouché (losskakel) sprei ook hul vlerke na Japan.

Verskeie ander Kings het reeds kontrakte met ander unies gesluit of is besig om dit te doen.

Die senter Stefan Watermeyer het glo op die jeugdige ouderdom van 28 besluit om sy stewels weg te pak.

En dan is daar natuurlik die spelers wat by ander unies geleen is, wat nou teruggaan soontoe.

’n Mens voel omtrent lus om “Sal ons ou vriende ooit vergeet” te sing.

Dit was ’n lang, moeilike seisoen wat die Kings beleef het.

En die Stormers is natuurlik geen maklike span om dit teen af te sluit nie.

Stormers: Jaco Taute, Kobus van Wyk, Huw Jones, Damian de Allende, Leolin Zas, Jean-Luc du Plessis, Louis Schreuder, Schalk Burger (k), Rynhardt Elstadt, Sikhumbuzo Notshe, JD Schickerling, Jean Kleyn, Vincemnt Koch, Scarra Ntubeni, Alistair Vermaak. PLAASVERVANGERS: Bongi Mbonambi, JC Janse van Rensburg, JP Smith, Chris van Zyl, Siya Kolisi, Jano Veremaak, Brandon Thomson, Scott van Breda.

Kings: Malcolm Jaer, Lukhanyo Am, Stefan Watermeyer, Shane Gates, Wandile Mjekevu, Dewald Human, James Hall, Vleis Engelbrecht, Stefan Willemse, Andis Ntsila, JC Astle, Steven Sykes (k), Jacobie Adriaanse, Edgar Marutlulle, Sti Sithole. PLAASVERVANGERS: Martin Bezuidenhout, Schalk Ferreira, Tom Botha, Schalk Oelofse/Sintu Manjezi, Aidon Davis, Kevin Luiters, Elgar Watts, Jeremy Ward.

Skeidsregter: Jaco Peyper

Afskop: 17:05

Superrugby-puntelyste

Superrugby-bepalings

Superrugby-uitslae

Meer oor:  Steven Sykes  |  Stormers  |  Superrugby  |  Kaapstad  |  Kings  |  Nuweland
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.