Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Kiwi-blaser vir Noord-Suid-derby

Glen Jackson van Nieu-Seeland is as die skeidsregter vir Saterdag se Suid-Afrikaanse Superrugbyderby tussen die Stormers en Bulle op Nuweland (afskop om 15:05) aangewys.

Die Kiwi Glen Jackson is vir Saterdag se derby tussen die Stormers en die Bulle in Kaapstad met die fluitjie toevertrou. Foto: Gallo Images

Jackson was aan die stuur toe die Bulle verlede week in Pretoria 29-28 deur die Highlanders geklop is.

Die Kiwi is vanuit sekere oorde gekritiseer vir ’n omstrede beslissing laat in die kragmeting om aan die besoekers ’n strafskop toe te ken, maar hy word Saterdag weer met die fluitjie toevertrou.

Die Suid-Afrikaners Egon Seconds en Rasta Rasivhenge is Jackson se assistentskeidsregters, met hul landgenoot Willie Vos in die TV-hokkie.

Marius van der Westhuizen sal later die dag die fluitjie in die wedstryd tussen die Haaie en die Highlanders in Durban (afskop om 17:15) blaas.

Van der Westhuizen word bygestaan deur AJ Jacobs, Cwengile Jadezweni en Christie du Preez.

Vroeër Saterdag sal die Aussie Nic Berry die Leeus se kragmeting teen die Hurricanes in Wellington (afskop om 09:35 SA tyd) beheer.

Berry word deur die Kiwi’s Ben O’Keeffe, Richard Kelly en Shane McDermott bygestaan.

Suid-Afrika se Jaco Peyper is met die wedstryd tussen die Waratahs en die Blues in Sydney (afskop om 11:45 SA tyd) toevertrou.

Die Aussies Angus Gardner, Will Houston en George Ayoub sal as Peyper se assistente optree.

– Sportredaksie

Superrugby-bepalings

Superrugby-puntelyste

Superrugby-uitslae

Meer oor:  Skeidsregter  |  Haaie  |  Stormers  |  Leeus  |  Bulle  |  Superrugby  |  Glen Jackson
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.