Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Kiwi ‘soek tande’ ná Kitshoff-botsing

Die Stormers-stut Steven Kitshoff se “slagoffer” in die Superrugby-wedstryd teen die Crusaders in Christchurch op 3 Maart is weer op die been.

Die Crusaders-losskakel, Richie Mo’unga, in Maart se Superrugby-wedstryd teen die Stormers in Christchurch voordat hy ’n ernstige kakebeenbesering opgedoen het. Foto: Getty Images

Richie Mo’unga, die Kiwi’s se losskakel, is in die beginspan vir Vrydag se wedstryd teen die Rebels in Melbourne. Hy moes vier plate en vier skroewe in sy kakebeen kry ná ’n botsing teen die rooikop-bielie van die Stormers wat die skaal hier by die 120 kg laat kreun. Dit was ’n fratsongeluk en daar was nie ’n uitwysing vir vuilspel nie.

Mo’unga sê in ’n berig op stuff.co.nz hy het onmiddellik ná die slag sy tande op die veld begin soek.

“Ek het nadat dit gebeur het my tande gesoek, want dís hoe groot die impak was. Ek het dadelik geweet dat daar probleme is. As jou kakebeen in ’n snaakse posisie is, is dit nie goed nie,” sê hy.

“Ek het steeds gehoop dit sal nie te sleg wees nie, maar het die uitdrukking op die spandokter se gesig gesien toe hy sien wat gebeur het.”

Mo’unga is toe hospitaal toe geneem om sy kakebeen aan albei kante met plate te heg. Hy moes sy kos deur ’n strooitjie drink en het 5 kg verloor en ’n week ná sy operasie ’n beskeie 83 kg geweeg.

Sedertdien het hy begin gewig aansit en kon hy aan kontakoefensessies deelneem.

“Dit gaan oor selfvertroue en jou vermoë om weer goeie duikslae uit te voer. Jy moet die spandokter en chirurge vertrou wanneer hulle sê jy is weer reg om te speel,” sê hy.

Mo’unga het in November verlede jaar die eerste keer vir die All Blacks opgedraf in ’n wedstryd teen ’n Franse vyftiental in Lyon. Op sy beste behoort hy in die All Blacks se planne te wees, want Lima Sopoaga sluit hom ná die Highlanders se Superrugbyseisoen by die Engelse klubspan Wasps aan, en sal slegs in ’n noodgeval deur Nieu-Seeland se nasionale span betrek word.

Mo’unga sal sake daarom waarskynlik met Damian McKenzie uitspook vir die voorreg om Beauden Barrett se losskakel-adjudant by die All Blacks te wees. – Sportredaksie

Die Crusaders-span is:
David Havili, Seta Tamanivalu, Jack Goodhue, Ryan Crotty, George Bridge, Richie Mo’unga, Mitchell Drummond, Jordan Taufua, Matt Todd, Pete Samu, Sam Whitelock (k), Scott Barrett, Owen Franks, Andrew Makalio, Wyatt Crockett. PLAASVERVANGERS: Codie Taylor, Harry Allan, Michael Alaalatoa, Mitchell Dunshea, Heiden Bedwell-Curtis, Bryn Hall, Mitch Hunt, Manasa Mataele.

Superrugby-bepalings

Superrugby-puntelyste

Superrugby-uitslae

Meer oor:  Crusaders  |  Steven Kitshoff
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.