Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
‘Kiwi’s maak pap dikker aan as Aussies’

Die Leeus se fiksheid sal ’n deurslaggewende faktor wees wanneer hulle Saterdagmiddag op Ellispark teen die Highlanders in ’n Superrugby-stryd te staan kom.

Volgens die jong Leeu Tyrone Green is die groot verskil tussen Nieu-Seelandse en Australiese spanne dat die Kiwi’s teen ’n hoër tempo speel.

Spelers soos die Highlanders se All Black-skrumskakel, Aaron Smith, weet hoe en wanneer om die tempo in ’n wedstryd te versnel. Foto: Getty Images

“Die spanne uit Australië speel met heelwat flair, maar die Nieu-Seelanders weet hoe om die tempo in hul spel te verhoog en stadiger te maak soos dit hulle pas,” het Green, ’n veelsydige agterspeler vandeesweek by ’n oefening in die Johannesburg-stadion gesê.

Nadat die Leeus die afgelope Saterdag net-net met die Waratahs van Sydney met 29-28 afgereken het, wag ’n groter uitdaging straks wanneer hulle teen die manne van die onderpunt Nieu-Seeland se Suid-eiland te staan kom.

Aphiwe Dayantyi, die Leeus se Springbok-vleuel, sê hulle fokus op hul eie doen en late en wil eerder nie teenstanders met mekaar vergelyk nie.

“Ons besef wat die Highlanders kan doen en waar hul sterkpunte is, maar ons wil nie té veel op hulle fokus nie, maar eerder konsentreer op die dinge wat ons moet doen om suksesvol te wees,” sê hy.

Die 21-jarige Green, wat as vierjarige begin rugby speel het, was ook baie beskeie oor sy aandeel in die Leeus se sege oor die Waratahs.

Die Leeus se Bok-vleuel Aphiwe Dyantyi gee toe dat hy deesdae ’n gemerkte man is. Foto: Getty Images

Hy het naby sy doellyn, nadat hy as plaasvervanger op die veld gedraf het, op die bal geduik om ’n sekere drie te keer met ’n aantal aanvallers van die Waratahs wat op hom was.

“Ek was gelukkig dat ek vars bene en daardie ekstra rat gehad het om voor hulle (Waratahs) by die bal uit te kom.

“Dit is vir my ’n groot voorreg en ’n eer om Superrugby te speel en ek vind dit heel maklik om die stap boontoe na hierdie vlak te maak.”

Green het in Stilfontein grootgeword, waar sy pa vir Vaal Reefs sokker gespeel het en daar meer op sokker as rugby in hul huishouding gefokus is.

Hy is veral dankbaar vir die rol wat Elton Jantjies en Malcolm Marx speel om hom gemaklik te laat voel in Superrugby.

“Malcolm weet hoe om dinge kalm te hou en met hom in die omgewing voel jy baie rustig,” sê Green.

Dayantyi sê ná die geraas wat hy verlede jaar gemaak het toe hy op die Springbok-toneel ontplof het, besef hy dat hy nou ’n gemerkte man is.

“Ons wil egter as span ons stempel afdruk en nie net as individue nie,” sê hy heel diplomaties.

Dylan Smith, die Leeus se loskopstut, sê hulle maak reg vir ’n kwaai skrumaanslag van die Highlanders, wat hy as een van die uitstaande skrum-pakke in die reeks beskryf.

Superrugby-bepalings

Superrugby-puntelyste

Superrugby-uitslae

Meer oor:  Highlanders  |  Aphiwe Dayantyi  |  Tyrone Green  |  Leeus  |  Superrugby  |  Waratahs
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.