Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Kiwi’s wend hulle tot publiek

’n Banier wat die Hurricanes laat maak het toe hulle die Superrugby-titel in 2016 gewen het, en intussen voete by die Westpac-stadion gekry het, het dié span se ringkoppe radeloos.

Die Westpac-stadion in Wellington, Nieu-Seeland. Foto: Getty Images

Nou het die span van Wellington, Nieu-Seeland, hulle tot sosiale media gewend en op Twitter ’n inskrywing gemaak wat sê dat enigeen wat inligting oor die banier het wat weggeraak het met die polisie moet skakel.

Volgens die plasing is die banier tydens die wedstryd op 8 Maart teen die Highlanders gesteel.

Die stap om die publiek se hulp in te roep, is geneem omdat die polisie weinig uitgerig kon kry om die banier terug te vind, berig die nzherald.co.nz

“Die stadion het duidelike televisiebeelde van die beweerde oortreder waar gesien kan word dat hy die banier neem. Ons het dit aan die polisie oorhandig, maar het sedertdien niks gehoor nie.

“Ons soek meer inligting, want iemand daar buite weet wie dit (die banier) het,” het die Hurricanes in ’n verklaring aan nzherald.co.nz gesê. – Sportredaksie

Meer oor:  Wellington  |  Superrugby  |  Hurricanes  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.