Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Kobus druk 3 keer vir Hurricanes

Ná die Sunwolves se loesing teen die Hurricanes Saterdag in die Superrugby-reeks is dit duidelik dat die Japanse span in die afseisoen dalk ’n bietjie meer tyd met die duiksakke op die oefenveld moes deurgebring het.

Die Hurricanes se Kobus van Wyk sit af op ’n lopie teen die Sunwolves. Foto: Getty Images

Die Hurricanes het tien drieë gedruk om gemaklik met 62-15 in Napier, Nieu-Seeland, te wen.

Veral in die middelveld was die Sunwolves se verdediging maar effentjies, met die tuisspan se senters, Vince Aso en Ngani Laumape, wat darem te maklik gate gevind het.

Dit het ’n speler soos die vleuel Kobus van Wyk die geleentheid gegee om drie keer te gaan druk. Van Wyk het tevore vir die Stormers en die Haaie in Suid-Afrika gespeel.

Die Sunwolves het egter min van die bal gesien, en was die grootste deel van die wedstryd op die agtervoet. Hul skrumskakel, Rudy Paige, ’n vergete oud-Springbok, het ’n keer goed weggebreek met die bal onder die arm. Maar dit was te min om ’n invloed op die wedstryd te hê.

Of om die Sunwolves se status na enigiets anders as melkkoeie te verander.

* Puntemakers:

Hurricanes 62 (28): Drieë: Kobus van Wyk (3), Chase Tiatia (2), Ben Lam, TJ Perenara, Gareth Evans, Ngani Laumape, Vince Aso. Doelskoppe: Fletcher Smith (5), Tiatia.

Sunwolves 15 (10): Drieë: Michael Stolberg, Siosaia Fifita. Doelskop: Jumpei Ogura. Strafdoel: Ogura. – Sportredaksie

Superrugby-bepalings

Superrugby-puntelyste

Superrugby-uitslae

Meer oor:  Sunwolves  |  Superrugby  |  Hurricanes  |  Kobus Van Wyk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.