Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Stryd in Argentinië gekanselleer

Die Jaguares se Superrugbywedstryd teen die Highlanders Sondagoggend (SA tyd) is Saterdagaand gekanselleer.

Michael Collins van die Highlanders op die aanval teen die Rebels in die Superrugbyreeks.Foto: Getty Images

Die besluit hou, soos verwag, verband met kommer oor die koronavirusstiekte Covid-19 en veral die streng nuwe maatreëls wat die Nieu-Seelandse regering in plek gestel het.

Die Highlanders sou 01:00 (SA tyd) in Argentinië die Jaguares pak, maar nadat die Nieu-Seelandse regering ’n sperdatum van Sondagaand gestel het voordat sy nuwe reisbeperkings intree, is daar besluit om die wedstryd liefs af te stel.

Volgens die nuwe reisbeperkings sal enige persoon wat Nieu-Seeland binnekom vir 14 dae onder verpligte self-isolasie geplaas word.

Die Highlanders het bevestig dat hulle nie voor Dinsdag terug in die land kan wees nie.

Dit volg nadat Sanzaar ook Saterdagmiddag aangekondig het dat alle Superrugby-wedstryde ná afloop van die naweek gestaak sal word tot verdere kennisgewing.

Dus is die Brumbies en die Waratahs se stryd Sondag in Canberra, Australië, die laaste wedstryd in die Superrugbyreeks vir nou. – Sportredaksie

Meer oor:  Highlanders  |  Koronavirus  |  Superrugby  |  Superrugby-Reeks  |  Covid-19  |  Jaguares
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.