Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Kriel: ‘Haaie kan nie as kampioen gekroon word’

Indien daar nie weer vanjaar enige Superrugby gespeel kan word nie, moet die Haaie nie sommer net as die kampioen gekroon word nie.

Dít is die mening van Jaco Kriel, die gewese kaptein van die Leeus se rugbyspan, wat ná ’n draai by Gloucester in Engeland weer terug is in Johannesburg.

Jaco Kriel het in November verlede jaar vir Gloucester in Engeland laas rugby gespeel en kan nie wag om weer op die rugbyveld te kom nie. Foto: Gallo Images

“Die Haaie speel wel goeie rugby vanjaar, maar ek glo nie hulle moet (sou geen verdere Superrugby vanjaar moontlik wees weens die koronavirus-pandemie nie) die kampioen verklaar word net omdat hulle eerste op die punteleer is nie. Jy word nie so maklik die kampioen nie. Dan moet daar eerder glad nie hierdie jaar enige span se naam verskyn as die kampioen nie,” sê hy.

Toe die Superreeks verlede maand opgeskort is, was die Haaie die afgehele voorloper met 24 ligapunte ná sewe wedstryde. Hulle is een punt voor die Brumbies (23) en die Crusaders (ook 23). Die Brumbies en Crusaders het egter nog net ses wedstryde gespeel.

Kriel reken dit is nie sommer net so vir ’n span om as Super-kampioen gekroon te word nie.

“Ons het by die Leeus in 2017 deur die hele seisoen gegaan en net een ligawedstryd verloor en bo geëindig (op die puntelys). Tog is ons nie as die kampioen gekroon nie, want ons het toe uiteindelik in die eindstryd verloor. Dus vat dit baie om uiteindelik te kan sê jy is die kampioen,” vertel hy.

Dié Springbok-flank is behoorlik uitgehonger vir rugby. Hy het sy laaste wedstryd in November in Engeland gespeel vir Gloucester. Sedert sy terugkeer vroeg vanjaar na Suid-Afrika is hy nog besig met rehabilitasie vir ’n enkelbesering.

Soos alle spelers probeer hy nou maar met die inperking die beste van die saak maak met sy oefenprogram.

“Ek het ’n grasperk van so 20 m waarop ek kan hardloop en gebruik ook die apparate tot my beskikking om ander oefeninge te doen.

“Hierdie tydperk help darem met my dieet. Daar is nie nou die versoeking om sommer by ’n wegneemete-restaurant te stop en gou iets te kry nie. Ek het geleer om veel meer professioneel te wees in wat ek eet en hoe ek my dieet beplan.

“Dit is nodig dat ons almal in ’n goeie fisieke toestand is wanneer ons weer as ’n span begin oefen,” sê Kriel.

“Dit is nou ’n tydperk waar jy nie baie dinge kan beheer nie, maar wat ek wel kan beheer, is wat ek in my mond sit.

“Ja, ek raak al hoe hongerder vir speelkans. Ek hoop net ons sal wel weer Superrugby vanjaar kan speel en teen spanne soos die Haaie kan kompeteer. As jy so lank uit die spel is, raak die begeerte om weer te speel net al hoe groter.”

Meer oor:  Koronavirus  |  Haaie  |  Leeus  |  Superrugby  |  Covid-19  |  Jaco Kriel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.