Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Kuridrani 3 weke geskors vir boorvat

Tevita Kuridrani, ’n voormalige senter van die Wallabies, gaan die Western Force se Superrugby AU-uitspeelwedstryd teen die Brumbies hierdie naweek misloop nadat hy vir drie weke geskors is vir ’n gevaarlike duikslag.

Tevita Kuridrani Foto: Getty Images

Hy sal ook die eindstryd misloop indien sy span deurdring.

Kuridrani het ’n geelkaart gekry vir ’n boorvat op Hunter Paisami in die eerste minuut van die oorwinning van 30-27 oor die Queensland Reds verlede naweek. Dit het die Force in staat gestel om vir die eerste keer in sy geskiedenis van 16 jaar ’n uitspeelwedstryd te haal.

Kuridrani, wat 61 toetse vir die Wallabies gespeel het, het skuld erken. Dít, tesame met sy goeie dissiplinêre rekord, het hom ligter daarvan laat afkom as wat andersins die geval sou wees.

Hy sal egter ook nie op 15 Mei vir die Force teen die Chiefs kan speel nie. Dit sal die eerste van hul oorkruiswedstryde teen Nieu-Seeland se spanne wees.

Sanzaar, die beheerliggaam van die Superreeks, sê Kuridrani se skorsing kan verleng word indien die Force nie die eindstryd van die Superrugby AU haal nie.

Die 30-jarige Kuridrani het vir ses jaar tot die einde van 2019 se Wêreldbeker-toernooi gereeld vir die Wallabies op buitesenter opgedraf. Paisami was onder diegene wat die posisie verlede seisoen by hom afgeneem het.

Kuridrani het in al agt van die Force se wedstryde vanjaar begin. Hy sal waarskynlik deur die voormalige All Black Richard Kahui vervang word vir Saterdag se wedstryd in Canberra. – Reuters

Meer oor:  Superrugby Au
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.