Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Kuridrani verruil Brumbies vir Force
Tevita Kuridrani gaan in die toekoms vir die Western Force speel. Foto: Getty Images

Die kragtige Wallaby-senter Tevita Kuridrani, wat die afgelope agt jaar vir die Brumbies gespeel het, is volgende seisoen vir die Western Force beskikbaar.

Dié Fidjiaan, wat al in 61 toetse vir Australië gespeel het, kon nie verlede week die nuwe Wallaby-breier, Dave Rennie, se uitsoekgroep vir die komende Bledisloebeker-toetse teen die All Blacks haal nie.

“Hoewel ek hartseer is om by die Brumbies weg te gaan, voel ek dat die tyd reg is vir ’n nuwe uitdaging in my loopbaan,” het die 29-jarige Kuridrani in ’n nuusverklaring gesê.

Kuridrani het die Brumbies nog Saterdag gehelp om die Australiese Super-reeks se eindstryd teen die Reds te wen.

Die Force is teen die einde van 2017 uit Superrugby geskop, maar is dié seisoen toegelaat om weer in die Aussies se plaaslike reeks te speel toe die Superreeks weens die Covid-19-pandemie afgelas moes word.

Omdat daar nog groot onsekerheid is oor hoe die rugbylandskap volgende jaar vanweë die pandemie gaan lyk, is daar ’n verwagting dat die Force weer aanstaande jaar in ’n soortgelyke plaaslike Superreeks sal speel.

Daar is ook ’n kans dat die Australiese en Nieu-Seelandse spanne mekaar in ’n reeks kan pak.

Matt Hodgson, die Force se rugbybaas, was in sy noppies met die kontraktering van Kuridrani.

“Dis ’n groot prestasie om meer as 60 toetse vir die Wallabies te kon speel, so dis vir ons fantasties om ’n speler soos Kuridrani te kry,” sê Hodgson. – Reuters

Meer oor:  Superrugby Au  |  Brumbies  |  Toetsrugby  |  Wallabies  |  Force  |  Superrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.