Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
KYK: Jordan se loopbaan eindig byna vroeg
Will Jordan speel die rugbywêreld vanjaar aan die brand. Foto: Getty Images

Will Jordan het hom vanjaar in die opgeskorte Superrugbyseisoen en in Nieu-Seeland se Aotearoa-reeks as een van rugby se blinkste jong sterre gevestig.

Die 22-jarige Crusader, wat op vleuel en heelagter vir die Superrugbykampioen uitdraf, het sy stempel op skool- en klubvlak afgedruk voordat hy Nieu-Seeland se o.20-span in 2017 verteenwoordig het.

Hy het vir hom ’n beroepskontrak by die Crusaders losgespeel, maar ’n belowende loopbaan het byna vroeg tot ’n einde gekom.

“Ek het probleme ervaar met dowwe sig en my balans, wat aanvanklik moeilik was om te diagnoseer,” sê Jordan in ’n video wat op die All Blacks se YouTube-kanaal gedeel is.

“Harsingskudding is genoem, ek het ’n paar nekprobleme gehad en uiteindelik is vasgestel ek ly aan ’n binneoor-probleem wat my moeilikheid met my balans en sig gegee het.

“Dit het ongeveer sewe of agt maande geneem om te genees.”

’n Gesonde, kommervrye Jordan was vanjaar in staat om sy briljante talent op die aanval uit te stal en daar is diegene wat voorspel dat hy in die voetspore sal volg van die voormalige Crusaders en All Black-ster Israel Dagg.

– Sportredaksie


MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.