Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
KYK: Blaser sit pot mis met rooikaart

Die Highlanders-senter Sio Tomkinson mag Vrydag vir sy span teen die Reds uitdraf nadat ’n tugkomitee die rooikaart waarmee hy verlede week van die veld gejaag is, nietig verklaar het.

Sio Tomkinson draf verlede week kantlyn toe nadat hy met ’n rooikaart gestraf is in die Highlanders se wedstryd teen die Chiefs. Foto: Getty Images

Tomkinson was skaars op die veld in die kragmeting met die Chiefs, toe hy op omstrede wyse ’n rooikaart gewys is vir ’n “gevaarlike” duikslag op die All Black-slot Brodie Retallick.

Glen Jackson, skeidsregter, en sy mede-wedstrydbeamptes het op die veld beslis dat hy Retallick doelbewus met die skouer geloop en met sy kop kontak gemaak het. Hy is op grond daarvan met ’n rooikaart gestraf.

Glen Jackson bespreek die Sio Tomkinson-duikslag met die TV-skeidsregter voordat hy die besluit geneem het om dié senter van die Highlanders ’n rooikaart te wys. Foto: Getty Images

’n Tugkomitee van Sanzaar het Tomkinson se rooikaart Dinsdag onder die loep geneem en ná bykomende gesprekvoering met die wedstrydskeidsregter tot die bevinding gekom dat Jackson fouteer het met die rooikaart.

“Die tugkomitee het ’n gedetailleerde beoordeling van al die getuienis tot ons beskikking gedoen, insluitende alle TV-kamerahoeke van die voorval, asook die verslae deur die betrokke wedstrydbeamptes,” sê Michael Heron, voorsittende beampte, in ’n verklaring.

“Die tugkomitee het bevind dat Tomkinson se skouer Retallick se skouer en nie sy kop nie, getref het. Hy het ook gepoog om sy arm te gebruik om ’n duikslag uit te voer.

“Die dramatiese verandering in die hoek waarteen Retallick vir Tomkinson getref het, het die duikslag aansienlik erger laat lyk as wat dit werklik was.”

Die tugkomitee het bevind dat die rooikaart van Tomkinson se rekord verwyder moet word.

Die Highlanders het ondanks die rooikaart ’n sege van 30-27 oor die Chiefs behaal.

– Sport24.co.za

Superrugby-bepalings

Superrugby-puntelyste

Superrugby-uitslae

Meer oor:  Highlanders  |  Superrugby  |  Rooikaart  |  Glen Jackson
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.