Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Kriel uitgewys vir duikslag op Du Preez

Jaco Kriel, ster-flank van die Leeus, is uitgewys vir beweerde vuilspel in sy span se Superrugby-sege met 29-16 Saterdag oor die Stormers op Nuweland.

Jaco Kriel van die Leeus. Foto: Gallo Images

Volgens rugby365.com word Kriel daarvan aangekla dat hy Reël 10.4(o) oortree het: Laat duikslag op die skopper.

Kriel het in die 24ste minuut probeer om ’n skop van die Stormers-losskakel Robert du Preez af te storm toe hy in die lug met sy teenstander kontak gemaak het.

Jaco Peyper, die skeidsregter vir die kragmeting, het Kriel met ’n geelkaart gestraf.

Die uitwysbeampte het beeldmateriaal van die voorval hersien en voel egter dat Kriel se poging ’n rooikaart regverdig het.

Sanzaar se tugkomitee sal die saak hersien voor daar oor verdere moontlike tugstappe besluit word.

– Rugby365

Superrugby-bepalings

Superrugby-uitslae

Superrugby-puntelyste

Meer oor:  Leeus  |  Superrugby  |  Jaco Kriel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.