Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
KYK: Siya se pleidooi aan Suid-Afrikaners

Siya Kolisi, kaptein van die Springbokke en die Stormers, het ’n pleidooi aan Suid-Afrikaners gelewer om hulle by die maatreëls van die Covid-19-inperking te hou.

“Dit is ’n baie moeilike tyd vir ons land en eintlik die hele wêreld. Ons moet saam daarteen baklei. Jy kan aan die stappe wat die regering toepas, sien hoe ernstig dit beskou word,” sê Kolisi in ’n video wat deur die Westelike Provinsie uitgestuur is.?

“As jy voel dat jy nie veel kan doen nie, bly net by die huis want dit steun ook wat die president (Cyril Ramaphosa) van jou vra.?

“As jy ’n bydrae kan lewer deur kos aanlyn vir behoeftige mense te koop, is dit ’n bydrae ongeag hoe groot of klein dit is. Ons veg almal saam.”?

Volgens Kolisi bly die Stormers fiks om seker te maak dat hulle onmiddellik weer sal kan speel nadat die Covid-19-pandemie geklop is.?

“Ons moet die inperking gehoorsaam, maar die dag wanneer Covid-19 iets van die verlede is, moet ons reg wees om te speel,” sê hy.

– Sportredaksie

Meer oor:  Koronavirus  |  Bokke  |  Stormers  |  Toetsrugby  |  Springbokke  |  Siya Kolisi  |  Superrugby  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.