Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
KYK: Top-vermaak in Christchurch
Mitchell Drummond of the Crusaders vier sy drie teen die Blues. Foto: Getty Images

Die Crusaders het Saterdag in Christchurch ’n uitstekende Aotearoa-kragmeting teen die Blues met 26-15 gewen.

Die tuisspan het sy plek boaan die punteleer van Nieu-Seeland se plaaslike Superrugbyreeks gekonsolideer, maar die Blues het as waardige teenstanders uit die stryd getree.

Drieë in die tweede helfte deur die plaasvervangers Mitchell Drummond en Will Jordan het die Crusaders se terugvegpoging in die laaste kwart van die stryd woema gegee.

Die wenspan se losskakel, Richie Mo’unga, het ’n spesiale vertoning gelewer. Hy was deurslaggewend in die skep van albei sy span se vyfpunters en het 16 punte met sy skopskoen bygedra.

Dit was die Crusaders se 36ste oorwinning agtereenvolgens tuis terwyl die Blues, wat vanjaar ’n herlewing onder die afrigting van die voormalige All Black-heelagter Leon MacDonald beleef, sy eerste nederlaag in sewe wedstryde gely het.

Die Blues reis volgende week na Wellington om die Hurricanes te pak, met die Crusaders wat ’n loslootjie geniet.

* Puntemakers:

Crusaders 26 (6) – Drieë: Mitchell Drummond, Will Jordan. Doelskoppe: Richie Mo’unga (2). Strafdoele: Mo’unga (4).

Blues 15 (7) – Drieë: Mark Telea, Rieko Ioane. Doelskop: Otere Black. Strafdoel: Black.

Meer oor:  Blues  |  Richie Mo'unga  |  Beauden Barrett  |  Toetsrugby  |  Crusaders  |  Superrugby  |  Aotearoa-Reeks  |  Aotearoa
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.