Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Lambie vol lof vir Curwin se skopwerk

Die Haaie se skopkonsultant Pat Lambie het die losskakel, Curwin Bosch, ’n groot kompliment toegeswaai.

Curwin Bosch. Foto: Gallo Images

Bosch was die voorste puntemaker in Superrugby toe dit ná sewe rondes gestaak is.

Bosch (86 punte) het met 15 doelskoppe geslaag en 16 strafdoele. Sy suksespersentasie is 76% en hy het met 31 uit 41 skoppe geslaag.

In die Haaie se laaste wedstryd teen die Stormers op Kingspark het die 22-jarige Bosch met twee langafstand-strafdoele geslaag in hul oorwinning van 24-14.

“In al my speeldae het ek nog nooit iemand teëgekom wat die bal so suiwer tref soos Curwin nie,” het Lambie aan RugbyRocks.com gesê.

“Ek kan geen krediet vat vir hoe goed hy die bal vanjaar tref nie, want hy het só ’n goeie werketiek. Hy is mal daaroor om die bal te skop. Hy skop pragtig en hy het ’n baie suiwer tegniek.

Gedurende oefeninge oefen hy daardie skoppe waarmee hy teen die Stormers, geslaag het, sê Lambie.

“As jy daardie kans kry in ’n wedstryd en jy slaag dan met hulle, is dit baie bevredigend as ’n speler. Dit is ook wonderlik as ’n skopkonsultant en toeskouer om dit te sien.”

Lambie is gedwing om uit te tree in Januarie verlede jaar weens die nagevolge van sy harsingskudding en hy geniet sy rol as skopkonsultant by die Haaie.

“Ek gaan een of twee keer per week in, afhangende van die span se skedule en wat Sean (Everitt, die hoofafrigter) en die spelers verlang,” sê hy.

“Ek laat die spelers sekere oefeninge doen wat ek in my speeldae geniet het. Ek sal met Sean praat oor wat die span se skopplanne is vir daardie week en dit dan inbring by die oefeninge.”

Bron: RugbyRocks.com

Meer oor:  Curwin Bosch  |  Haaie  |  Superrugby  |  Pat Lambie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.