Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Leeus ervaar virus eerstehands

Die Leeus-rugbyspan het die werklikheid van die koronavirus eerstehands beleef deurdat ’n toeskouer wat sy onlangse kragmeting in Melbourne teen die Rebels bygewoon het, positief getoets is.

“Die werklikheid daarvan staar ons in die gesig. Dis nie iets wat daar ver iewers elders in die wêreld is nie, maar dit is letterlik hier in ons gesigte en op ons eie voorstoep,” het Rudolf Straeuli, uitvoerende hoof van die Leeus, Dinsdag gesê.

Rudolf Straeuli / Foto: Gallo Images

“Daarom bly ons maar streng by die protokol wat deur SA Rugby voorgeskryf word,” sê hy van die isolasie-tydperk van twee weke waardeur almal betrokke by die span moet gaan sedert hulle uit Australasië teruggekeer het.

“Daar is onsekerheid oor die toekoms en wat gaan gebeur, maar ons wag nou maar op die terugvoering van Sanzaar. Die laaste ruk was daar groot onsekerheid oor wat gaan gebeur terwyl ons oorsee is.

“In die buiteland het ons eerstehands ervaar watter invloed hierdie situasie op mense het en hoe dit probleme veroorsaak.

“In lande soos Australië en Nieu-Seeland is daar werklik groot kommer oor die rigting wat sake met die virus-gevaar kan inslaan.

“Op die lughawens kon jy sien hoe mense optree en hoe dit hulle raak. Dit laat jou werklik besef watter impak dit op die mensdom het,” het Straeuli gesê.

Hy en die spelers, asook die hele bestuurspan wat saam met die Leeus op die toer was, is nou in isolasie en hy sê die spelers sal eers weer op 30 Maart bymekaarkom om te oefen.

Die probleem is egter ook die onsekerheid oor wanneer Superrugby hervat gaan word.

“Selfs in die isolasie-tydperk sal van die individuele spelers op hul eie oefen en fiks probeer bly. Dit gaan vir elkeen nodig wees om toe te sien dat hy die protokol volg en ander mense vermy.

“Ek werk nog, maar doen dit alles hier van die huis af,” het Straeuli gesê.

“Dit is beslis onsekere tye vir ons almal, maar ons moet sorg dat ons gereed is om die seisoen te hervat wanneer ’n aankondiging kom oor wat volgende gaan gebeur,” sê hy.

Superrugby-bepalings

Superrugby-puntelyste

Superrugby-uitslae

Meer oor:  Koronavirus  |  Leeus  |  Superrugby  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.