Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
'Leeus het die nodige geloof voor toer'

Philip Lemmer, die Leeus se afrigter by die afbreekpunte, glo die eerste stryd op hul toer in Australasië gaan nie so maklik wees soos dit dalk klink nie.

Die Leeus kom aanstaande naweek in Sydney teen die Waratahs te staan. Hulle het dié Aussie-span twee jaar gelede in Sydney met 29-0 geklop, en om hul ondersteuners verder moed te gee is die tuisspan nou boonop laaste op die punteleer ná nederlae in al drie hul eerste wedstryde.

Willem Alberts, hier in sy Springbok-dae, het volgens een van sy spanmaats ’n nuwe vuur in die Leeus-span help aansteek. Foto: Getty Images

Maar juis dit is wat Lemmer kwel. Hy glo die Waratahs gaan desperaat wees om ’n sege teen die Leeus te behaal.

Tog, sê Lemmer, is hy oortuig die Leeus se vertoning teen die Stormers het ’n geloof in die span laat posvat dat hulle kan terugkom op die wenpad.

“Sulke toere is altyd taai,” sê hy van die vier weke wat die Leeus in Australasië gaan deurbring. “Ons het heelwat jong spelers en ons het vandeesweek baie hard gewerk om dinge reg te kry vir die toer,” sê Lemmer.

“Jy het geloof in jou vermoëns nodig op só ’n toer en ek glo ons het dit nou,” sê hy.

Een speler wat op die toer in Australasië twee jaar gelede die kans aangegryp het om sy stempel af te druk, was die flank Marnus Schoeman.

Willem het ’n goeie hart en beskik oor ’n goeie humorsin. Tog, as jy met hom kragte meet op die veld wil jy nie in sy kanaal beland nie. Hy is baie intimiderend op die veld.
Marnus Schoeman

Hy het telkens as plaasvervanger speelkans gekry en omtrent elke keer minstens een drie gedruk.

“So ’n toer is baie goed om die spangees te bou. Ons is juis nou in die proses om te bou na waar ons wil wees,” het dié woelige blondekop-kantman Donderdag by die span se oefening gesê.

Die Leeus vertrek Saterdag na Sydney.

“Ons het goeie herinneringe aan Sydney die laaste keer wat ons daar gespeel het.

“Hierdie wedstryd gaan ’n goeie toets wees vir ons met ’n span wat nou effe anders lyk. Daar is verskillende persoonlikhede in die span en wat jy dalk met iemand verloor wat nie meer daar is nie, wen jy op ’n ander manier met van die nuwe gesigte,” reken Schoeman.

Iemand wat help om ’n nuwe vuur by die Leeus aan te steek, is die losvoorspeler Willem Alberts.

“Willem het ’n goeie hart en beskik oor ’n goeie humorsin. Tog, as jy met hom kragte meet op die veld wil jy nie in sy kanaal beland nie. Hy is baie intimiderend op die veld,” sê hy.

Leeus-toergroep

Voorspelers: Willem Alberts, Jan-Henning Campher, Hacjivah Dayimani, Jannie du Plessis, Pieter Jansen, Len Massyn, Marvin Orie, Carlu Sadie, Marnus Schoeman, Ruben Schoeman, Sti Sithole, Dylan Smith, Vincent Tshituka, Wilhelm van der Sluys, Frans van Wyk.

Agterspelers: Andries Coetzee, Tyrone Green, Elton Jantjies, Dan Kriel, Manuel Rass, Shaun Reynolds, Wandisile Simelane, Courtnall Skosan, Jamba Ulengo, Morne van den Berg, André Warner.

Superrugby-bepalings

Superrugby-puntelyste

Superrugby-uitslae

Meer oor:  Leeus  |  Superrugby  |  Waratahs
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.