Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Leeus kies Groom bó Bok vir Bulle

Die Leeus het verras deur Nic Groom bo die Springbok Ross Cronjé in die nr. 9-trui te kies vir Saterdag se belangrike Superrugby-kragmeting met die Bulle op Ellispark.

Nic Groom seil oor die doellyn vir ’n drie teen een van sy voormalige spanne, die Stormers, vroeër vanjaar in die Superrugby-reeks. Foto: Gallo Images

As die tuisspan dié kragmeting wen, sal hy boaan die Suid-Afrikaanse afdeling eindig en ten minste van ’n tuiswedstryd in die kwarteindronde seker wees.

Groom se insluiting op skrumskakel is een van drie veranderinge aan die beginspan, wat voorverlede week teen die Haaie in Durban uitgedraf het.

Die linkervleuel Courtnall Skosan begin die eerste keer ’n kragmeting vanjaar, met Aphiwe Dyantyi wat afskuif na die plaasvervangersbank.

Die ander verandering is dié van Jacques van Rooyen, wat die loskopstut is in die plek van die beseerde Dylan Smith.

Die span is: Andries Coetzee, Ruan Combrinck, Lionel Mapoe, Harold Vorster, Courtnall Skosan, Elton Jantjies, Nic Groom, Warren Whiteley (k), Cyle Brink, Kwagga Smith, Franco Mostert, Marvin Orie, Ruan Dreyer, Malcolm Marx en Jacques van Rooyen. PLAASVERVANGERS: Corné Fourie, Johannes Jonker, Jacobie Adriaanse, Lourens Erasmus, Marnus Schoeman/Hacjivah Dayimani, Ross Cronjé, Aphiwe Dyantyi en Howard Mnisi/Shaun Reynolds.

Superrugby-bepalings 

Superrugby-puntelyste 

Superrugby-uitslae

Meer oor:  Nic Groom  |  Leeus  |  Bulle  |  Superrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.