Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Leeus kies Rass vir stryd teen Stormers
Manuel Rass in die Leeus se eersterondewedstryd teen die Jaguares in Buenos Aires in aksie. Foto: Getty Images

Die Leeus het net een verandering aan hul span aangebring wat die Reds geklop het vir Saterdag se Superrugby-wedstryd teen die Stormers op Ellispark.

Die senter Manuel Rass vervang Duncan Matthews.

Rass was ’n skolerugby-ster by die Hoër Jongenskool Paarl voordat hy deur die Leeus na Johannesburg gelok is.

Nadat daar vroeër in die week aangekondig is dat die gewese Springbok-losvoorspeler Willem Alberts nog nie beskikbaar is nie weens ’n boarmbesering, is hy wel voorlopig saam met Ruan Vermaak op die plaasvervangersbank ingesluit. Alberts kon vanweë sy besering nog nie vir die Leeus speel sedert hy hom vanaf Stade Francais in Frankryk by die Johannesburgers aangesluit het nie.

Leeus: Andries Coetzee, Tyrone Green, Mannie Rass, Dan Kriel, Courtnall Skosan, Elton Jantjies (k), Morné van den Berg, Len Massyn, Vincent Tshituka, Marnus Schoeman, Ruben Schoeman, Marvin Orie, Jannie du Plessis, Pieter Jansen en Dylan Smith. PLAASVERVANGERS: Jan-Henning Campher, Sti Sithole, Carlu Sadie, Wilhelm van der Sluys, Willem Alberts/Ruan Vermaak, Hacjivah Dayimani, Dillon Smit en Wandisile Similane.

Superrugby-bepalings

Superrugby-puntelyste

Superrugby-uitslae

Meer oor:  Stormers  |  Leeus  |  Superrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.