Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Leeus kry nuwe skakelpaar teen Crusaders

Die Leeus pak die Superrugby-kampioen, die Crusaders, Vrydag in Christchurch met ’n nuwe skakelpaar én ’n nuwe heelagter.

Die Johannesburgse span sal die eerste keer die seisoen ook sonder sy inspirerende haker Malcolm Marx wees.

Ruan Combrinck
Ruan Combrinck. Foto: Gallo Images

Die Springbok-vleuel Ruan Combrinck het die laaste tyd nie veel speelkans gekry nie, maar begin op heelagter teen die Crusaders.

Daar is diegene wat glo dit is Combrinck se beste posisie. Wat van hom ’n goeie heelagter maak, is sy posisionele spel en veral die feit dat hy bedrewe is met albei skopvoete en dit nuttig inspan vanuit die laaste vesting.

Nóg ’n Springbok, Andries Coetzee, wat soos Combrinck nie verlede seisoen deel was van Rassie Erasmus se Bok-planne nie, maak vir hom plek. Coetzee is glad nie eens deel van die groep vir die wedstryd nie, met die jongeling Tyrone Green wat op die plaasvervangersbank inskuif.

Die sterk losskakel Shaun Reynolds, wat verlede jaar in die Curriebeker-reeks die Goue Leeus se gereelde draer van die nr. 10-trui was, maak ’n terugkeer tot Superrugby.

Hy vervang vir Gianni Lombard wat sy losskakel-debuut vir die Superspan in die oorwinning oor die Chiefs gemaak het, maar toe ná sowat ’n uur se spel die veld met ’n kniebesering moes verlaat. Hy moes na Suid-Afrika terugkeer.

Daar is ook besluit om die skrumskakel te ruil, met Nic Groom wat sal begin ten koste van die Springbok Ross Cronjé.

Robbie Coetzee. Foto: Gallo Images

In die vierde en laaste verandering aan die span wat verrassend met die Chiefs afgereken het, vul Robbie Coetzee die leemte wat Marx laat op haker. Sodoende word die deur vir die seun van die oud-Blou Bul Coenie Campher geopen om sy kans op Supervlak te kry.

Jan-Henning Campher, wat die afgelope naweek saam met Reynolds oorgevlieg het Nieu-Seeland toe, is die haker op die plaasvervangersbank.

Tensy daar soos teen die Chiefs weer beplan word om die Crusaders takties om die bos te probeer lei met die spanaankondiging, sal Elton Jantjies weer die binnesenter wees.

Reynolds word gesien as ’n sterk aanvaller wat as hy die kans sou kry, hard en direk op die verdedigers sal afpeil en so bresse in hul verdediging probeer slaan.

Marx kry ’n blaaskans.

Leeus: Ruan Combrinck, Sylvian Mahuza, Lionel Mapoe, Elton Jantjies, Aphiwe Dyantyi, Shaun Reynolds, Nic Groom, Warren Whiteley (k), Cyle Brink, Kwagga Smith, Marvin Orie, Stephan Lewies, Carlu Sadie, Robbie Coetzee, Sti Sithole. PLAASVERVANGERS: Jan-Henning Campher, Nathan McBeth, Johannes Jonker, Wilhelm van der Sluys, Marnus Schoeman, Ross Cronjé, Franco Naude, Tyrone Green.

Superrugby-bepalings

Superrugby-puntelyste

Superrugby-uitslae

Meer oor:  Leeus  |  Crusaders  |  Superrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.